top of page

Strawberry Lace Events/Stationary

Kontak Besonderhede:

Gelee in die pragtigste dorpie, Wellington

Tel: 084 241 6391 (Verkies whatzzapp, sms of epos)

Epos:  strawberrylaceevents@gmail.com

Facebook: https://www.facebook.com/pages/Strawberry-Lace/114258012084862?ref=hl

Strawberry Lace Events is gebasseer in Wellington, een van die pragtigste dorpies in die Wes-Kaap. Ek, Carmen van Eck, het ‘n kwalifikasie in “Hospitality & Catering” en ook BTEC Event Planning en Management.

Ekt ‘n vreeslike groot passie vir funksies doen, van die beplanning tot en met die laaste “detail”. Ek doen enige tipe funksies; troues, babyshowers, kitchenteas, verjaarsdag partytjies tot en met korporatiewe funksies.

Kreatief moes my middel naam gewees het, want ek is vreeslik lief vir DIY projekte, unieke idees en om kreatief te raak. Ek is lief daarvoor om elke funksie uniek en anders te maak as ook spesiaal in sy eie manier.

Ek kan nie ‘n gunsteling tipe funksie kies nie, want elkene is besonders op sy eie manier. Vir my is dit ‘n “absolute blessing” om ‘n bruid se dag vir haar onvergeetlik te maak, om ‘n mamma meer opgewonde te maak oor haar bondeltjie liefde wat oppad is. Om daai stres van mamma en pappa se skouers af te haal vir kleinding se partytjie en te sien hoe hul dit gate uit geniet.

Die beste deel vir my van enige funksie is die geluk wat dit aan jou klient bring, daai glimlag op hul gesig is te kosbaar vir woorde. En die feit dat jy deel kan wees van hul dag. So bou mens ‘n vriendskap op met jou kliente en elkene kry ‘n deeltjie van jou hart.

Mini's Functions

Kontak Besonderhede:

 

Gelee in  Wellington

Email: minisdecor@gmail.com

Jenny: 083 654 1156

Facebook: https://www.facebook.com/jenny.stevenstheunissen?fref=ts

Ons doen drapering, bloemiste, dekor verhuring, tafelbeplanning en opstel van troues asook 'n werkswinkel waar ons spesiale versoeke van kliënte maak. Ons nuutstel afdeling nou is verkope van alle wedding add-on produkte soos bv, bruidsmeisie geskenke. 

Mi-nis het ontstaan gedurende September 2011.  Ons streef na kreatiwiteit tot in die kleinste perfeksie!. Dit is hier waar ons jou droom dag in 'n onvergeetlike sprokie kan verander. 

Black Carpet Events

Kontak Besonderhede:

Nevina Swartz

Telefoon nommer : 023 34 76703

Fax nommer  : 086 592 6611

Selfoon nommer  : 081 833 2381

E-Pos : info@blackcarpetevents.co.za 

Website: www.blackcarpetevents.co.za 

Facebook: https://www.facebook.com/BlackCarpetEventsSA

Instagram :   @blackcarpetevents

Twitter :@BlackCarpetE

Black Carpet Events is gebasseer in die Wes Kaapse dorp, Worcester. Begin deur eienaar, Nevina Swartz, wie hotel Bestuur te Granger Bay Hotel skool (CPUT) studeer het, is Black Carpet Events een van die min gespesialiseerde besighede in die area. Ons diens area strek oor die Breede Vallei,  Langeberg en Swartland.  

Ons hoof fokus is grootliks op troues, maar ons beplan en reel ook vermaaklikheids vertonings,  verjaarsdae partytjies en doen ook spyseniering vir klein funksies onder andere. Ons spesialiseer meestal in troues omdat dit is waar ons passie le.

Om alles uit die bruid se hande te neem en haar dag onvergeetlik en baie maklik te maak is waarvoor ons streef. Ons reel alles vanaf die venue tot die fotograaf en skryfbehoeftes. Die lys is immers deesdae oneindig.

Classy Hire

Kontak Besonderhede:

Telefoon nommer : 021 872 4922

Fax: 021 872 0963

E-Pos : admin@classyhire.co.za

Exclusivity and style create unforgettable moments in time.

Classy Hire, situated on the picturesque Morgenzon Estate in Paarl, originated in 1992 when Elise Bruwer and her daughter started to experiment with candle making. Classy Candle Hire evolved from exclusive candle hire, to the hiring of everything exclusive.

Classy Hire is a treasure trove of fabulous finds to make your event or wedding memorable, from especially woven tablecloths, imported pewter candle sticks to fragile and rare crockery sets. Effortless elegance, creative ideas, gorgeous designs and a driving passion for their trade are the corner stones of this hiring company’s philosophy. Old world glamour creates magical impressions for extraordinary occasions.

bottom of page