top of page

Wie + Wat is Inspirasie Stasie?

Hallo - Welkom by Inspirasie Stasie , ons is so opgewonde dat jy by ons kom kuier het!

 

Die blog begin het uit ons liefde vir die trou industrie, Cawilhmi van Miss Cee Photography en  Donna van Donna Taylor, Proffesional Hair & Make Up Artist.

Die blog het gegroei uit die droom om ons eie bruide te kan help om hul groot dag se beplanning so maklik en lekker moontlik te maak asook help met tonne inspirasie & oulike idees om jou dag uniek te maak.

 

Omrede ons in die trou industrie werk het ons baie ondervinding & raad oor hoe om jou dag onvergeetlik en uniek te maak.

 

Ons sal hoofsaaklik skryf vir die blog maar ons sal ook gas "bloggers" hê van tyd tot tyd. Indien jy 'n vraag het wat ons nie geantwoord het nie of inspirasie wat jy meer oor wil sien/lees, gaan gerus oor na die kontak blad & skryf vir ons.

 

Ontmoet ons hieronder en sit 'n gesig by die naam :)

Die Span

Ek is die eienaar van Miss Cee Photography vanaf 2011.

 

In die fliek "The fault in our stars" is daar 'n sin wat lui "I fell in love the way you fall asleep: slowly, and then all at once.” en dis presies hoe my fotografie reis begin het.

 

Fotografie was nogaltyd vir my 'n groot passie gewees,ek het myself gevind in fotografie. Dit laat my toe om te droom en al my oor aktiewe verbeelding se wildste drome lewe te gee in my fotos.

 

Fotos neem is een van my grootste liefdes , hoewel ek haat om self in fotos te wees ( ek werk daaraan ). Ek is besonders bevoorreg om my beste vriend, ondersteuner, en man saam met my in die besigheid te hê en ook aan my sy by elke shoot as assistent & 2de fotograaf.

 

Ons besigheid is hoofsaaklik troues , dit is waar my groot passie lê, om een van die belangrikste dae in iemand se lewe se storie te kan vertel is 'n groot eer & soms sukkel ek steeds om te glo dat ek die gelukkige een is wat dit kan doen.

 

Om agter die lens te wees by troues leer jy ook baie, moets en moenies en tips wat dit vir ander bruide kan makliker maak, dit is hoofsaaklik hoe hierdie blog bestaan het, om ons bruide te help en die beplanningsproses so lekker en gemaklik moontlik te maak.

Cawilhmi 

Ek is die eienaar van Make-up Madonna Beauty Bar – ‘n ekslusiewe en unieke salon, asook passievolle troue haar- en grimeerkunstenaar.

 

 

Ek is onderandere ‘n gekwalifiseerde ‘BTEC Film and TV makeup artist’ en het reeds verskeie toekenings daarvoor ontvang. Gee vir my kleur pallette en borsels, en ek is op my gelukkigste.

 

 

Ek het ‘n groot liefde vir diere, en die natuur inspireer my. Om verveeld te wees is nie ‘n opsie nie. Ek hou van aktief bly en is gesondheidsbewus, tog is sjokolade my swakpunt.

 

 

My positiewe uitkyk op die lewe maak my opgewonde oor die toekoms. Ek hoop ons maak ons bruide net so opgewonde oor Inspirasie Stasie!

Donna

bottom of page