top of page

Donna Taylor - Professional Hair & Make Up Artist

Kontak Besonderhede:

Wellington, Weskaap

Kontak: 084 919 7051

E-pos: donna@makeupmadonna.co.za

webblad: www.makeupmadonna.co.za

Facebookblad: https://www.facebook.com/pages/Make-up-Madonna-Beauty-Bar-and-Professional-Makeup-Artist/198469253529490

By Make-up Madonna vloei die passie vir die trou industrie oor! Ek, Donna Taylor, is onderandere gekwalifiseer in ‘n ‘BTEC Film and TV Makeup Artist’ diploma en is ook die eienaar van Make-up Madonna Beauty Bar. Make-up Madonna spesialiseer in troue haar- en grimeerkuns, asook met die skoonheids deel met die aanloop na jou trou dag.

 Met verskeie toekennings, vele ondervinding onder die knie, en ‘n fyn oog vir detail, kan ek jou verseker aan ‘n asemrowende voorkoms op jou spesiale dag. Ek hou elke aspek van die bruid in gedagte met die stilering van haar hare en grimering- die bruid se gelaatstrekke, persoonlikheid en voorkeure, en skep dan ‘n beeldskone prentjie daar uit. Dit is baie belangrik dat sy gemaklik met haarself voel, tog steeds daardie ekstra sprankel het.

 Met die aanloop van jou trou dag, kom kuier by ons unieke salon, Make-up Madonna Beauty Bar, in die pragtige Winelands dorp, Wellington. Hier doen ons vir jou professionele wimperverlengings (semi-permanent lash extensions), gel naels (asook nail art), manikuur & pedikuur, Caribbean spray tan, vorming van die wenkbroue (brow enhancement) ensovoorts. Jy, ons bruid, word die focus in die salon, en ons sien uit om jou as een van ons gereelde kliente ook te sien!

  

 Elke bruid van my het ‘n baie spesiale plekkie in my hart en ek voel so geeerd om die groot dag met hulle te kan deel! My groot passie vir jou trou dag maak dat ek sonder enige moeite die ekstra myl sal gaan. Ek sien uit na ons ontmoeting.

Liefde, Donna x

Make Up By Chrizanne

My naam is Chrizanne

Ek is soo passievol oor die skoonheidsindustrie en is al sedert 2006 in die bedryf.

So 3 jaar gelede het ek my eie baie klein en intieme studio oopgemaak waar ek n verskeidenheid behandelinge bied.(facials,masseerings,waxing,pedicures ens)

Ek het nog altyd n grooot liefde vir grimering gehad en het in 2013 n advanced make up kursus gedoen by Alicia Buckle School of Make up & Hair styling in Stellenbosch.

 

My 2 groot liefdes vul mekaar vreeslik goed aan en hou ek my dus besig weekliks by my studio en oor naweke grimeer ek!!Ek spesialiseer in bridal make up so dit le my na aan die hart en is verseker my gunsteling aangesien ek n hopeless romantic is!!Ek is mal oor love stories en n troue se dit perfek vir my!!So dis altyd n groot eer en voorreg om deel te he in n bruidjie se mooiste dag!!

 

Ek begin binnekort my hair styling kursus en sien baie uit om nog ietsie ekstra te bied saam met make up!! <3

EK LOVE MY WERK!!

bottom of page