top of page

Hoekom 'n verlowingsessie belangrik is?

In hierdie blogpost wil ons graag met julle die belangrikheid van 'n verlowingshoot deel en ook wenke gee oor hoekom dit belangrik is om wel een te doen by jou fotograaf voor jou groot dag.

Saam het ons 'n gestileerde verlowingsessie gereël om juis uit te beeld hoe 'n paar eenvoudige details jou verlowingsessie van ander kan onderskei en jou en jou aanstaande se persoonlikhede na vore bring.

Verskaffers wat betrokke was by hierdie sessie:

Fotografie : Miss Cee Photography

Hare & Grimering : Make Up Madonna

Props : Strawberry Lace

Blomme : Green Goddess Flower Studio

Rokkies: Little Birdie Clothing

Haar Bykomstighede: Birds of a Feather Hair Extentions

Venue: Nelsons Creek Wine Estate

Carmen van Strawberry Lace het vir ons die mooi kussingtjies & tasse asook bashew botteltjies & kussie verskaf om 'n amper vintage piekniek "vibe" te gee. Tarryn & Francois is so gemaklik voor die kamera, maar selfs al is jy nie iemand wat mal is oor fotos neem nie sal so tipe atmosfeer dit vir jou makliker maak omrede jy jouself amper 'n "aktiwiteit" d.m.v die piekniek en daardeur sal jou fotograaf mooi natuurlike fotos kan kry :)

Die inspirasie agter die hare en grimering vir hierdie fotosessie, was om die hele ‘bohemian chic/lui-lekker’ gevoel van die shoot, te volg. Ons het die ‘hippy’ haarstyl gevat en dit gemoderniseer met vlegsels en sagte krulle. Hierdie vlegsels gee detail en definisie aan die voorkoms van die haarstyl, tog val dit in lyn met die ontspande tema. {WENK: Daar is so baie verskillende vlegsels wat gedoen kan word. Pas dit aan by enige haarstyl vir daardie “ietsie anders”.} Om als te kroon, het die hair feathers en blommekraanse perfek hulself van hul werk gekwyt ;) As jy gebruik maak van bykomstighede in die hare, maak seker die kleure komplimenteer die tema/klere/props van die fotosessie. Hou ook altyd jou haarstyl ingedagte wanneer jy jou haarbykomstighede kies.

Wat trek ek aan? Hierdie vraag is een wat opduik voor elke verlowingsessie, ons raad is altyd probeer kleure wat mekaar komplimenteer sonder om te "matchy matchy" te wees, daar is veel meer opwindende opsies daar buite as jeans en t-shirts ;) . Ons het vir ons paartjies 'n Pinterest board gemaak waar hulle kan gaan loer vir idees, jy kan dit hier sien. Meisies , sorg vir mooi netjiese naels, gechipte cutex is altyd sigbaar op fotos.

Terwyl ons op die gesprek oor Pinterest is... Pinterest kan jou grootste vriend of jou grootste vyand wees, dit is 'n wonderlike bron vir inspirasie en ons kry soveel navraag oor "ek wil die volgende lys fotos hê" (almal van Pinterest gedownload) , terwyl ons mal is oor paartjies wat presies weet wat hulle wil hê moet mens ook versigtig wees en die belangrike ding om te onthou is julle is uniek, julle liefdesverhaal is uniek, julle fotos sal nooit PRESIES soos daardie spesifieke Pinterest foto lyk nie want julle het nie dieselfde venue moontlik nie, daai spesifieke oomblik en lig nie. Daar is baie faktore wat bydrae tot 'n spesifieke foto en elke fotograaf het hulle eie styl.

Ons kan wel die inspirasie trek van daai fotos vir julle sessie en iets net so "magic" maak in julle eie sessie.

Ons het die eerste deel geskiet laat middag wanneer die sogenaamde "golden hour" begin vir mooi sagte lig & minimale skaduwees, jou fotograaf sal ook vir jou noem hierdie is beslis die beste tyd vir jou fotos.

Green Goddess Flower Studio is so talentvol en het vir ons hierdie pragtige kopstukke gemaak om in te pas by ons tema. Blom kroontjies maak ALTYD mooi fotos :)

'n Goeie idee is om jou haar & grimeer toetslopie te skeduleer op die dag van jou verlowingsessie, professionele grimeering maak 'n reuse verskil op fotos en sodoende is dit sommer 2 vlieë met een klap.

Ek raai almal aan om 'n verlowingsessie by hulle fotograaf te boek voor die troue. Dit is die perfekte geleentheid om jou fotograaf beter te leer ken as ook die manier hoe hulle skiet en dit sal jou soveel meer gemaklik maak op jou troudag. Jou fotograaf sal ook leer hoe julle as 'n paartjie is voor die kamera en dan voorbereid wees vir julle groot dag. Dit is uiters belangrik om goed oor die weg te kom met jou fotograaf en gemaklik te voel met hom/haar sienende dat jy die grootste deel van jou dag saam met hulle sal spandeer.

Doen moeite met jou fotosessie, moet dit nie net om wens nie, ons weet dis nie vir almal lekker om voor die kamera te wees nie maar die kamera jok nie en mens kan spanning definitief in die fotos sien. Maak die meeste daarvan, jy sal wegloop met pragtige spesiale fotos en die besef dat dit eintlik nie so erg was nie :)

Die laaste deel van die shoot het ons geskiet langs 'n dam toe die ergste son reeds gesak het agter die berg. Francois is 'n bekende sanger en musiek is dus 'n groot deel van Tarryn & sy lewe, daarom het dit perfek gepas by ons hippie "carefree" tema. Wat is dan nou lekkerder as om net erens te stop 'n vuurtjie te maak en net lekker te luister na die klanke van n kitaar... 'n absolute droom.

Vir die grimering het ons weereens seker gemaak ons bly by die tema, maar ook iets sag gedoen wat by ons pragtige model, Tarryn pas. {ONTHOU: Jy wil nogsteeds gemaklik voel met jou voorkoms- voor die kamera, asook in werklikheid op die dag van jou troue.} Die grimering was redelik natuurlik gehou, maar ‘n titseltjie kleur was in ingebring om die kleure van haar uitrustings te komplimenteer. Tarryn se grimering is ‘n goeie voorbeeld hoe om kleur te implimenteer, sonder om soos ‘n nar te lyk: Doen eers jou grimering in nutrale kleure- voeg dan hier en daar effens ‘n kleur by wat by die tema pas (die buite hoekies en onder die oë lyk die beste). Onthou om dit nie te oordoen nie! ‘n Nutrale lipstiffie pas beste as die fokus op die oë is. In hierdie geval pas dit ook perfek by ons beeldskone ‘bohemian bruid’.

Little Birdie het vir ons die mooiste lospassende rokkies gemaak vir die shoot - perfek vir die tema.

Nog 'n baie belangrike tip is , probeer ontspan , lag lekker saam. Daar is niks so mooi soos natuurlike oomblike tussen 'n paartjie wat vasgevang is op kamera nie. Dit sal vir jou ook baie meer beteken as die gewone "posed" fotos.

Vra jou fotograaf of julle 'n mooi foto van jou verloofring kan neem, dis so spesiale tyd, lê elke oomblik vas om te onthou.


Recent Posts
bottom of page