top of page

Belangrike Vrae om jou fotograaf te vra?

Hierdie is ons opvolg artikel op "Hoe om die regte fotograaf te kies" en die 2 artikels gaan hand aan hand. Hier is ons Top 15 belangrikste vrae om jou fotograaf te vra VOOR jy hulle boek vir jou spesiale dag.

1. Watter tipe styl het hulle?

- Mens kry verskillende style in fotografie bv foto-joernalistieke styl, meer "posed" style, kunstig, traditioneel, selfs fotograwe wat net met natuurlike lig werk. Dis belangrik om 'n fotograaf te kies van wie se bestaande styl jy reeds hou, 'n fotograaf se styl is sy/haar kenmerk en hulle neem groot trots in hulle werk daarom is die kanse is 99.99% dat dit die manier is hoe hulle jou fotos gaan benader.

2. Hoeveel troues het julle al gedoen in julle loopbaan & hoeveel troues doen julle per dag?

Die laaste ding wat jy wil doen is iemand se proef konyn wees op jou trou-dag. Maak seker die persoon het tenminste al 'n proffesionele fotograaf geassisteer by 'n paar troues voor jy hulle aanstel as jou fotograaf. Ons raai ook sterk aan dat jy iemand kies wat slegs een troue per dag doen, troues is baie harde werk en jy wil nie iemand hê wat reeds uitgeput is teen die tyd dat hy jou troue moet doen nie.

3. Het hulle al by jou venue geskiet?

Indien hulle nie het nie, is dit nie die einde van die wêreld mits hulle bereid is om voor die tyd 'n venue inspeksie te doen nie :) Dis belangrik om voorbereid te wees, al kan hulle net 'n half uur vroeër op die dag kom om bietjie te "scout".

4. Werk hulle saam met 'n assistent/"second shooter"?

Eerstens daar is 'n verskil tussen daardie 2. Die assistent se werk is bloot om te assisteer en hy sal heel waarskynlik nie enige fotos neem op die dag nie terwyl die "second shooter" wel sal fotos neem maar ook assiteer in tye.

Maak seker van watter een hulle gebruik. Dis so lekker om 'n 2de oog te hê wat dalk net daardie split sekonde kan vasvang wat jou fotograaf miskien gemis het of selfs net 'n ander "angle".

5. Hoeveel fotos van my troue sal ek kry en sal almal geredigeer wees?

Maak doodseker by jou fotograaf hoeveel fotos jy na die troue sal ontvang en of hulle geredigeer sal wees. Op gemiddeld neem fotograwe tussen 1500 - 2000 fotos per troue maar dit beteken nie jy sal al daardie fotos ontvang nie.

6. Indien daar 'n album ingesluit is - vra om 'n voorbeeld te sien?

Mens kry 'n verskeidenheid albums en ook verskaffers waar albums kan gedruk word - maak seker jou fotograaf druk by 'n proffesionele lab.

7. Hoeveel is die deposito en wanneer is die balans betaalbaar?

Meeste fotograwe werk op 50% deposito om jou datum te boek en die balans +- 1 week voor die troue.

8. Het hulle 'n plan ingeval van nood, siekte wat hulle nie jou troue sal kan afneem nie?

'n Goeie antwoord hierop is dat hulle opsies sal hê vir jou om van te kies en dat hulle jou so vroeg moontlik sal laat weet. Ook dat die volle balans sal terugbetaal word of oorbetaal word aan die nuwe fotograaf. Hierdie antwoord behoort ook in jou kontrak met jou fotograaf gestipuleer te wees.

9. Hoe lank na die troue sal ek my fotos kry?

Ons weet almal hoe vreeslik opgewonde mens is om na die tyd jou fotos te sien :) Maar hou ook ingedagte dat die fotograaf nie net jou troue het wat geredigeer moet word nie. 'n Gemiddelde wag tydperk is tussen 6-8 weke dalk 'n klein bietjie langer in die trou seisoen maar maak seker hulle sal die tyd met jou kommunikeer sodat jy ten alle tye weet wat aangaan met die proses. Hulle sal ook moontlik vroeër al vir jou 'n paar "sneak peeks" kan stuur om die nuuskurigheid so klein bietjie te bedaar.

10. Wat is jou kanselasie voorwaardes?

Baie fotograwe se voorwaardes sluit in dat die deposito nie terugbetaalbaar is in die geval van kanselasie nie tensy hulle 'n ander troue in die plek van joune kan boek.


Recent Posts
bottom of page