top of page

geel inspirasie | verlowing

Vir solank as wat ek kan onthou droom ons al van 'n geel inspirasie sessie.

Geel is so helder en gelukkige kleur, mens kan nie help om net ingetrek te word daar deur nie.

Vir hierdie sessie het ons meer gemik op 'n verlowingspartytjie tema as trou inspirasie maar geel kan baie maklik in albei ingebring word.

Pragtige skryfbehoeftes is deur Prettig Custom Design vir ons ontwerp.

Ons is mal oor die eenvoudige minder is meer konsep van hierdie ontwerp.

Die 3-tier koek is voorsien deur die talentvolle Julianna van About a Cake, haar oog vir "detail" is iets wat ons elke keer stomslaan.

Blomme vir die sessie is voorsien deur Cherry Tree Blomme Boutique in Wellington.

Groenrivier Function Centre was gaaf genoeg om ons met ope arms te verwelkom sodat ons by hulle kon skiet.

Die sagte natuurlike kleure van hierdie venue kan wonders werk saam met enige kleur en die "fairy lights" gee dit net daardie ekstra afronding en sprokies gevoel waarvoor mens soek.

Die papier bybehore is gemaak deur PLANK Kreatief, en ons is absoluut weggeslaan deur die detail en talent van hierdie dame. Ons is veral gaande oor hierdie agtergrond wat met papier driehoekies aanmekaar gesit is. Dit is perfek vir n foto hoekie en sal beslis n indruk maak.

Pragtige Hare + Grimering deur Donna Taylor, Pro Haar + Grimeer Kunstenaar en ook mede blogger/stigter van Inspirasie Stasie.

Asemrowende rokke deur Braam van CJA Haute Couture. Die geel lyk so mooi by ons model Marili. Ons is absoluut mal oor hierdie 2 stukke en dit sal perfek wees vir 'n lente/somer troue.

Baie baie dankie weereens aan al ons verskaffers:

Papier Bybehore: Plank Kreatief

Skryfbehoeftes: Prettig Custom Design

Recent Posts
bottom of page