top of page

#VendorVrydag - Mini's Functions

Vandag bring ons aan jul Mi-ni's Functions. Die dame is nie net baie talentvol nie, maar sy het 'n hart van goud. Altyd gewillig om te help en baie vriendelik. Nie net is sy talentvol wanneer dit kom by funksies nie, maar sy verhuur ook dekor uit en verkoop die mooiste goetertjies.

Hier is 'n paar vrae wat ons aan Mi-ni's Functions gevra het, sodat ons lesers 'n bietjie meer weet van Jenny en haar passie vir die industrie.

1. Hoe het Mi-ni's Functions ontstaan?

My broer en skoonsuster het my genader om hulle te help met hulle troue in 2012. Ek was op daardie stadium 15 jaar werksaam by dieselfde Prokureurs firma en my droom was altyd om elke dag net kreatief te kan wees en soms te kan werk in die buitelug, maar steeds het ek nie geweet watter beroep ek eintlik wil uitleef nie. Ek het elke oomlik van hulle troue se belanning geniet en sonder wete besef dat die blomme se rangskikking en al die versierings 'n ingebore talent vir my is. En dit is toe dat ek besef, hierdie werk is my roeping, waarna ek al so lank soek! Ek het toe op die naam Mi-ni's Functions besluit en my logo laat ontwerp en begin adverteer. Vir die volgende twee jaar hierna het ek steeds voltyds gewerk en deeltyds vir Mi-ni's Functions.

Toe het ek net een Vrydag oggend wakker geword, 23 Mei 2015 en besluit ek wil my droom voltyds uitleef en 'n besigheidsperseel soek vir my eie winkeltjie propvol mooi dekor en idees. Ek was daardie dag met verlof, juis om vir 'n bruid 'n proeftafel te doen vir haar troue. Ek het die perseel geskakel waar my kantore vandag is en dadelik begin droom en beplan. Vandag, 5 maande gelede het ek my deure geopen en kyk nie dag terug nie

2. Wat het jou maak besluit om ou eie besigheid te begin?

Want ek wil elke dag kreatief leef met my eie unieke styl. Dit is vir my hemels om mense tevrede te stel en erkenning daarvoor te ontvang. Daar is vir my niks meer bevredigend as om weg te stap van my werk, terug te kyk en te hou van wat ek sien nie. En al is my werkie hoe klein, daardie tevrede glimlag op iemand se gesig. Dit bied ook vir my daaglikse nuwe uitdagings wat die lewe positief en interresant maak.

3. Wat kan jy vir ons vertel van jou besigheid?

Mi-ni's Functions strewe na perfeksie tot in die kleinste uitvoering. Dit is vernoem na my twee beeldskone dogters, nl. Michaela & Nicole Stevens. Hulle is my grootste sëen en trots in die lewe. Die besigheid se groei is baie bevredigend en dit is alles te danke aan my getroue kliënte en God se seëninge.

4. Is jou besigheid jou passie? Geniet jy wat jy doen?

Ja dit is beslis my passie en liefde! Sodra ek begin werk aan 'n bestelling gee ek my alles en bevind myself in 'n wêreld waarop ek dol verlief is!

5. Enige iets nuuts oppad? Enige nuwe uitdagings?

Beslis! Ek wil nooit stagneer in my kreatiwiteit nie en groei elke dag saam met my kliënte. My grootste mikpunt vir 2016 is om te groei in al my "wedding ad on" items. Ons werk hard aan ons eie reeks saam met Koka en beoog om dit vroeg in 2016 beskikbaar te stel

As julle opsoek is na 'n talentvolle dame met 'n groot hart en trots is op wat sy doen, gaan besoek Mi-ni's Functions. Jul sal beslis iets vind wat jul mal oor is.


Recent Posts
bottom of page