top of page

#VendorVrydag - About a Cake

Ons is so opgewonde oor hierdie onderhoud! Vandag gesels ons met die kreatiewe Juliane van About a Cake. Juliana het ons pragtige koek gemaak vir Inspirasie Stasie se ‘shades of grey shoot’. Ons het so verlief geraak op die werk wat sy doen. About a Cake het ongelooflike sukses behaal in ‘n baie kort tydjie. Ons lees meer oor hoe sy haar passie haar werk kon maak:

1. Jou besigheid het aansienlik vining gegroei in hierdie kort tydjie. Wanneer het jy amptelik begin met About a Cake?

-About a Cake het amptelik begin in Maart 2015. Voor dit het ek in die buiteland gewoon en ook koeke gemaak, maar onder ‘n ander naam. Ek is onsettend dankbaar vir al die ondersteuning wat ek in die kort tydjie gekry het.

2. Hoe het jy besluit om ‘n besigheid met koeke te begin?

Met my tweeling se eerste verjaardag (2012) het ek besluit om ‘n tema koek vir hulle te maak. Dit was die eerste keer in my lewe wat ek so iets aangepak het. Ek het nie ‘n idee gehad waar om te begin nie, maar het dit so geniet om op te lees oor koek versiering en my oë het oopgegaan vir die koek wêreld daar buite en al die koek gereedskap wat beskikbaar is. ‘n Paar maande daarna maak ek toe ook vir myself ‘n tema verjaardagkoek. Vriendinne het toe begin bestel vir hul kinders se verjaardae en so ook toe later mense wat ek glad nie ken nie.

Toe begin ek ‘n Facebook blad en van daar af het alles vanself gebeur.

3. Jou werk is vreeslik kreatief. Hoe word jy geinspireer wanneer jy ‘n koek moet versier?

Ek soek inspirasie deur soveel moontlik inligting en agtergrond oor die tema van die koek of die rede waarom die koek gemaak moet word te kry. Hoe meer inligting beskikbaar hoe meer kan ek speel met idees en kyk wat kan werk. Die internet is natuurlik ook ‘n baie groot bron van inspirasie, dit help ongelooflik baie.

4. Doen About a Cake ‘tastings’ vir bruide om te help met die besluit van ‘n geur?

Ja dit is moontlik.

5. Wat is die geur wat meeste gevra word vir ‘n troukoek?

Chocolate mud cake en Wortelkoek

6. En wat is jou gunsteling geur? :)

Wortelkoek, verseker!

7. Wat is die nuutste mode(s) vir trou koeke?

Vrolike en helder kleure, metallics, kant en baie blomme. Bruide waag meer en is minder traditioneel.

8. Doen jy eers ‘n ‘mock-up’ koek vir bruide en kliente, of hou jy daarvan om hulle te verras?

Ek doen nie ‘n mock koek nie, maar beskryf die koek wat ek beplan in baie detail per epos vir die klient. Ek verkies om nie kliente te verras nie, want ek wil seker wees hulle is heeltemal tevrede met wat ek beplan om te doen en hulle weet presies wat om te verwag. So voorkom dit enige misverstande en ek is seker die klient hou van my idees.

9. Watse deel van koek bak en versier is jou gunstelling deel?

Om terug te staan en al die ure se harde werk te aanskou! ☺

10. About a Cake is gebasseer in die Paarl omgewing. Verkies jy om in hierdie area te werk, of doen jy werk vir ander areas ook?

Hoe werk jou aflewerings vir die koeke? Ander areas is geen probleem. Indien aflewering gevra word, kwoteer ek die aflewerings kostes op grond van die afstand. Ek verkies om baie groot koeke wat ver vervoer moet word self af te lewer. Dit verminder die risiko vir die klient en ek is verseker daarvan dat my produk veilig en onbeskadig die klient bereik.

Ondersteun gerus vir Juliana van About a Cake met enige tiepe koek wat jy benodig. Jy sal nie terug kyk nie!

Ons is bly om vir Juliana in ons omgewing te he. Vind meer voorbeelde van haar spog werk op "About a Cake" se Facebook blad.

Kontak About a Cake by

Epos: juliana@aboutacake.co.za Kontak nommer: 0798006645


Recent Posts
bottom of page