top of page

'n Country Troue | Gestileerde Sessie

In Suid Afrika sowel as oorsee is die plaastema vir troues vreeslik gewild - daarom was dit 'n moet vir ons om te speel met hierdie tema. Ek bedoel wat is daar om nie van te hou nie as jy dink aan cowboy boots saam 'n stunning rok deur Elouise Roode Bridal & Evening Wear. Dit alleen maak my alklaar opgewonde..

Tarryn & Francois is gereelde gesiggies voor my lens maar ek kan nooit moeg raak daarvoor om hierdie twee afteneem nie. Hulle is net so mooi van binne soos buite en dis net 'n plesier om saam met hulle te werk!

Daar is soveel eenvoudige items wat jou plaas/country troue asemrowend mooi kan maak vir spot goedkoop, items soos bv. burlap & hooibale. Ons het ons country sessie gekombineer met helder kleure blomme om dit bietjie optekikker.

Die pratige blommekrans van Cherry Tree in Wellington is perfek vir die tema. Blommekranse kan bykans by enige tema pas

Hierdie oulike perde van Juhantha Stables wou net van Tarryn se pragtige blomme eet.

Wenk: Vat vir jou en jou man van julle "pre-drinks" saam na julle fotosessie vir n paar pret fotos & vir die dors - model wees is harde werk ;)

Die pragtige na middag son is perfek vir jou fotosessie - praat met jou fotograaf oor wanneer perfek sal wees.

Met so 'n tema kan jy jou ou hout kussies, ou boeke en ou lanterns uithaal en sommer vir spot goedkoop die mooiste tafel dekor he. Jy kan bietjie pret in bring en elke tafel 'n plaas dier naam/tema gee.

Jy kan die oulikste dankie se geskenkies gee, soos saadjies diy beskuit en vele meer. Die lekkerste deel van die projek vir my was die tafelaanwysings. Ekt gegrawe in 'n speelgoed krat en ou plaas diertjies uit gehaal. Ek het hulle toe wit gespuit (jy kan hulle enige kleur spuit) en elke gas se naam aan 'n diertjie vas gemaak. Dit is soveel anders en maak jou troue meer oorspronklik en pret. {sien in meer detail hoe hulle gemaak is op ons #DIYDonderdagpost}

Die grimering:

Ah beeldskone Tarryn. Mooiste 'canvas' om op te werk. Hierdie tema met sy kleurskema het geroep na opkikker-kleure! Hierdie keer het ek gehou by natuurliker kleure op die oog, en het gebruik gemaak van die brons skakerings wat mooi by ons bykomstighede van die shoot pas. 'n Donker lyntjie op die boonste ooglede (gemaak deur 'n swart 'gel liner'), het Tarryn se oë mooi omlyn en so ook gedefinieer. Ek het die oogskadu wat ek gebruik het, verder om die onderkant van die oog gebring om diepte van die oog te skep. Vir hierdie het ek steeds natuurlike bruine en brons gebruik sodat dit nie te swaar om haar oë moet lyk nie, en eder haar oë nog groter laat vertoon. Kyk hoe mooi pas hierdie sagte oranje-pienk lipkleur en blosser by Tarryn se vel ondertoon. Die beste van alles is dit werk ook briljant met die kleure van die blommekrans, asook die handruiker. Net nog 'n voorbeeld hoekom dit belangrik is om die tema en kleurskema van jou troue in gedagte te hou met die beplanning van jou voorkoms vir die troudag. Maak seker jy bespreek hierdie bietjie informasie met jou grimeerkunstenaar sodat sy 'n beter idee het van die gevoel en voorkoms wat jy verkies.

Die hare:

Ek wou vir Tarryn soos 'n ware 'country' bruid laat lyk en voel, en dit geskep deur haar lang lokke in mooi spirale krulle te doen. Tarryn het die regte lengte hare vir so 'n tiepe krul. Ek het toe haar krulle effens geskud dat haar hare meer uitsak en sagter kan lyk. 'n Wenk vir krulle is om ligter kleur strepies in jou hare te sit om die krulle te definieer. Om die haarstyl af te rond, het ek lekker volume op die kroon van haar kop geskep, en die voorste hare terug gevat om die 'half-up-half-down' styl te bereik. Hierdie is ook 'n lekker manier om die hare uit die gesig te hou dat die nie pla as 'n briessie waai nie- veral met 'n buite-troue. Ek het die haarstyl ook so gedoen dat die blommekrans perfek by dit werk sonder om die haarstyl te bederf. Op hierdie manier kan die bruid 'n sekere tyd die blommekrans afhaal en steeds 'n netjiese kapsel hê!

Diensverskaffers:

Fotografie: Miss Cee Photography

Hare & Grimering: Make Up Madonna

Stileering,Dekor & Skryfbehoeftes: Strawberry Lace

Blomme: Cherry Tree

Rok: Elouise Roode Bridal & Evening Wear

Venue: Juhantha Plaas

Modelle: Tarryn & Francois Mallum


Recent Posts
bottom of page