top of page

#DIYDonderdae - Gaste geskenkies - DIY Rusks

Wat is nou lekkerder as tuis gemaakte beskuit?

Om dit as 'n geskenkie te gee by jou troue natuurlik ;)

Hoeveel mense se honger magies gaan jy nie gelukkig maak nie. En dit is so eenvoudig om dit te maak.

Jy benodig: (Vir een persoon)

1x mooi glas vles

1x bestandele vir 30 stukkies beskuit (kan 'n resep kry vir minder)

1x mooi stukkie lint/toe

1x kaartjie

1. Maak seker al jou vlessies is silwer skoon en droog.

2. Maak 'n mooi dankie se kaartjie met die resep van die beskuit agter op.

*WENK: Maak seker jy noem al die droe bestandele wat binne in die vles is en ook die nat bestandele wat hul nog moet by gooi. En natuurlik die metode van die resep.

3. Voeg nou al die droe bestandele wat jy benodig vir jou beskuit in die vlessie, laag - vir - laag

RESEP:

- 550g meel

- 3/4 teelepel sout

- 2 teelepels bakpoeier

- 300g gemenge muesli (of muesli van jou keuse)

- 200g suiker

4. Maak nou jou vlessie toe en sit die kaartjie met 'n mooi stukkie lint/tou aan.

En bobs your uncle ;) Geniet .....

*Wenk: Jy kan groter of kleiner gaan met die resep.

*Wenk: Jy kan ipv 'n beskuit resep liewers 'n koekie of muffin resep gebruik met stukkies sjokolade by.

*Wenk: Jy kan 'n mooi stukkie lap op jou doppie sit om die vlessie op te fraai.


Recent Posts
bottom of page