top of page

Kombuistee - Geskenk Wenke

Geskenk Wenke vir die kombuistee!

Jy is genooi na ‘n troue en voel baie geerd dat die troupaartjie jou daar wil he om hul spesiale dag met hulle te deel. Met die aanloop van hulle troudag, kom daar ook verskeie ander groot dae voor die tyd, soos die kombuistee vir die bruid. Al die dames kom bymekaar en geniet hierdie heerlike dag met die bruid. Die doel van hierdie byeenkoms, is om handige huishoudelike geskenkies aan haar te gee waarmee sy (en haar man) kan baat met die begin van hulle huwelik.

Hier is ‘n paar unieke idees vir gekenke vir haar kombuistee:

Meeste van hierdie geskenke is bedoel vir die gebruik in die kombuis en ook res van die huis, bv skoonmaakmiddels; voorskote en opwaslappies; kosbakke ensovoorts. Maar dink net hoe lekker sal dit vir die bruid wees om iets te ontvang wat sy net vir haarself kan gebruik!

1. ‘n Uitstekende idee is ‘n salon geskenkbewys. Gee dit aan haar om gebruik van te maak voor die troue, bv. vir ‘n rugmassering, pedikuur, of selfs om haar naels te doen. Al die skoonheidsbehandelinge wat ‘n bruid vir haar troudag wil doen kan baie duur uitwerk. Help haar met so ‘n heerlike bederf geskenk. Sy kan dit selfs nog gebruik na die troue vir die wittebrood!

2. ‘n Bitter oulike idee is ‘n kruietuintjie. Koop ‘n medium grote blompot en verskillende kruie plantjies. Plant die kruie oor in die groter pot. Help die bruid om die verskillende kruie te kan uitken deur naambordtjie vir elk te maak. Sit die naam bordjie op ‘n sosatie stokkie en druk in die pot waar die plant is. Dit is so lekker om kruie van jou eie persoonlike tuintjie te gebruik! Sy sal kreatief voel met kos maak, en haar man sal ook beindruk wees! Soos die kruie groei, kan hulle weer oorgeplant word. Dit is iets wat die bruid nog vir lank kan waardeer.

3. Maak jou gekenk meer persoonlik vir die bruidspaar deur ‘n gekenk te gee met hul name op.

  • ‘n Goeie voorbeeld hiervan is om luukse badhanddoeke te koop en die paartjie se van op elke handdoek te laat borduur. Bv: Mnr Smit, Mev Smit.

  • Jy kan ook ‘n pragtige beddegoed stel vir hulle koop en die kussingslope laat borduur met ‘Mnr’ en ‘Mev’ op.

  • Koop ‘n stel sjampanje glase en graveer hul name en van op die glase.

  • Kerse is so ‘n mooi gekenk, asook so prakties. Die paartjie kan dit gebruik op hulle tafels as hul gaste oor nooi vir ete, of selfs vir hulle eie intiem kerslig ete. Dit gee altyd ‘n mooi effek om kerse in ‘n badkamer te sit. En met Suid-Afrika se onvoorspelbare Eskom, is dit ideaal ;). Laat hulle name, of selfs ‘n persoonlike boodskap gedruk word op hierdie kerse.

4. Nog ‘n oulike gekenk idee is om ‘n gekenkbewys by ‘n fotodruk maatskappy te kry, sodat die bruidspaartjie na die troue hul gunsteling foto kan vergroot en laat druk op ‘n ‘canvas’. So ‘n gekenk sal oneindig baie geluk bring aan die paartjie en is iets wat hulle vir altyd kan hou.

5. Resepteboeke is altyd ‘n wenner vir ‘n geskenk aan ‘n toekomstige bruid. Maar maak hierdie resepte boek anders! Kies ‘n paar van jou gunsteling resepte. Koop dan al die droee bestandele, maak dit op in pakkies, en sit elk se resep by die pakkie bestandele. Kry nog ‘n paar dames om dit ook te doen. Kyk hoe maklik maak jy dit nou vir die nuwe vroutjie!

Onthou ook om op die uitnodigingskaartjie te kyk vir geskenk wenk van die bruid. Baie keer sal bruide ‘n ‘gift registry’ op stel by verskeie winkels. Die winkels sal die kodes he van die geskenke wat sy self uit gekies het.

Dit is ‘n maklike en vinnige manier vir jou om ‘n gekenk te kies as jy raadop is oor gekenk idees!


Recent Posts
bottom of page