top of page

#Mooi-maak-Maandae


Veelsydige skoonheidsprodukte:

•Babapoeier: Jy het verslaap en nou het jy nie tyd vir hare was nie? Gooi babapoeier liggies bo-oor hare en borsel dit deur. As jy donker hare het, gebruik ‘n ‘bronzer’.

•Vergeet om lyfsproei te koop? Gebruik babapoeier onder jou blaaie vir ‘n nutrale reuk tot jy later by die winkels uitkom. Dit absorber ook vog, so op ‘n warm dag sal dit jou red!

• Jy het gekleurde donker hare, maar jou natuurlike hare groei uit, en jy het nie dadelik tyd om by die haarkapper te kom nie? Gebruik ‘n groot oogskadu borsel en donker bruin oogskadu en vee bo oor die uitgroei lyn van jou hare.

• Jy het jou grimeringverwyderaar vergeet? Gebruik jou vogroom op ‘n stukkie watte en smeer versigtig bo-oor vel en oe om grimering af te haal. Spoel dan af met water.

• Verveeld met jou lipstiffie kleure? Voeg ‘n mooi oogskady kleur by ‘n bietjie Vaceline en smeer aan lippe. Nie net sal jy jou gunsteling keuse kleur kry nie, maar ook jou lippe sag en vogtig hou!

Brons Blosser = ALTYD ‘n WENNER!

• Dra dit ook as ‘n oogskadu; maak jou wangbene meer prominent; wend aan op die res van jou liggaam- soos jou nek, skouers, bo-arms en bene vir ‘n ekstra brons skynsel. Dit maak dat jy ‘n natuurlik, egalige, somer glans oor jou hele liggaam kry! Vind ‘n brons blosser wat beste by jou pas:

• As jy donkerder gelaat het, kry ‘n brons blosser met meer van ‘n warmer ondertoon, bv geel/goud/oranje. ‘n Ligter gelaat sal beste baat met ‘n brons blosser met ‘n sagte pink/’peachy’ skynsel. WENK: As jy ‘n baie ligte porselein vel het, maak seker jou blosser verskyn nie te oranje op jou vel nie. Probeer eder ‘n ligbruin blosser met ‘n rooskleur ondertoon.

• Wanneer jou ‘smugdy’ oogpotlood so vinnig op gebruik word, plaas dit in die yskas vir so paar minute, haal dit uit en maak dit skerp. Die oogpotlood sal nogsteeds ‘n ‘smudge’ effek gee, sonder om te veel te krummel en smeer, en so ook langer hou. Om dit skerp te maak hou die oogpotlood ook bakterie-vry! Doen dieselfde met jou lippotlood ook. WENK: koop ‘n grimeringpotlood wat ‘n doppie by het. Dit voorkom dat die sagte gedeelte afbreek en hou die potlood meer higienies.

Jy kan jou grimering en skoonheidsprodukte soveel langer laat hou!

  • Amper ‘n derde van jou uitdraai lipstiffie word vasgevang in die uitdraai houertjie. Kry vir jou ‘n lipborseltjie om die gebruik van jou lipstiffie te verleng.

  • Om ‘n sponsie of onderlaagborsel te gebruik absorbeer so baie van jou onderlaag as jy dit so aanwend. Om dit te voorkom, begin onderlaag aan jou vel aanwend met jou ringvinger, gebruik dan jou sponsie of borsel na die tyd om ‘n egaliger effek te kry. Onthou om gereeld jou borsels en sponsies uit te was vir beste higiene. WENK: gebruik koeksoda en water om jou borsels en sponsies uit te spoel!

  • Na elke gebruik van jou naellak, vee die boonste rand van die bottletjie skoon. Draai ook die doppie styf toe. Op hierdie manier voorkom jy dat lug binne die bottletjie kom, wat sal seker maak jou naellak raak nie droog en hard nie. Bere jou naellak in ‘n koel area.

  • Gebruik ‘n badspons met jou lyfseep. Dit maak dat die produk lekker skuim en oor jou hele liggaam versprei sonder om baie lyfseep te gebruik.

Gesonde slaapgewoontes wat saak maak vir jou skoonheid:

  • Eerstens, en belagrikste- moenie gaan slaap sonder om jou grimering af te was nie! Ou grimering gaan sit in poree en in fyn plooitjies van die vel. Jou vel sal dan onegalig lyk en dieper plooie begin te vorm. Gebruik ten minste ‘n goeie ‘face-wipe’ vir daardie lui aande.Exfoliate (skrop) een tot twee keer ‘n week (afhangende van jou vel tiepe), maar doen dit in die aande voor jy slaap. Volg dit dan op met ‘n ryk vogroom of velbehandeling. Gebruik ‘n ryker vogroom in die aande terwyl jou vel meeste nutriente kan opneem sonder enige steuring.Skaf vir jou ‘n sy kussingsloop aan en vermy om op jou maag te slaap. Om met jou gesig teen ‘n growwer tekstuur kussing te slaap sal vinniger fyn lyntjies op jou vel vorm, wat dan plooie sal ontwikkel. ‘n Kussingsloop wat van sy gemaak is, is baie sagter op jou sensitiewe vel.Kry genoeg slaap! Te min slaap kan veroorsaak dat die voorkoms van jou vel bleek en dooierig lyk. Nuwe selvorming vind plaas tewyl jy slaap, so dis noodsaaklik om genoeg te slaap.Gesonde slaapgewoontes wat saak maak vir jou skoonheid:

  • Eerstens, en belagrikste- moenie gaan slaap sonder om jou grimering af te was nie! Ou grimering gaan sit in poree en in fyn plooitjies van die vel. Jou vel sal dan onegalig lyk en dieper plooie begin te vorm. Gebruik ten minste ‘n goeie ‘face-wipe’ vir daardie lui aande.

  • Exfoliate (skrop) een tot twee keer ‘n week (afhangende van jou vel tiepe), maar doen dit in die aande voor jy slaap. Volg dit dan op met ‘n ryk vogroom of velbehandeling. Gebruik ‘n ryker vogroom in die aande terwyl jou vel meeste nutriente kan opneem sonder enige steuring.

  • Skaf vir jou ‘n sy kussingsloop aan en vermy om op jou maag te slaap. Om met jou gesig teen ‘n growwer tekstuur kussing te slaap sal vinniger fyn lyntjies op jou vel vorm, wat dan plooie sal ontwikkel. ‘n Kussingsloop wat van sy gemaak is, is baie sagter op jou sensitiewe vel.

  • Kry genoeg slaap! Te min slaap kan veroorsaak dat die voorkoms van jou vel bleek en dooierig lyk. Nuwe selvorming vind plaas tewyl jy slaap, so dis noodsaaklik om genoeg te slaap.


Recent Posts
bottom of page