top of page

Swart Trou Inspirasie | Gestileerde Sessie

Swart is die nuwe wit.

Mense is altyd so bang vir nuwe dinge probeer, vat swart as 'n voorbeeld, dis vreeslik donker, so mense is te bang om dit te gebruik as 'n trou kleur. Maar wat hul vergeet is dat swart ook elegant gemaak kan word selfs "funky", dit hoef nie 'n somber kleur te wees nie.. Vat 'n paar mooi "bold" en helder kleure saam dit en 'n klassieke kleur soos goud en wallah! jyt 'n elegante tog "funky" troue met swart basis.​

Die grimering:

Bianca is ons 'real life' sneeuweidjie! Sy het 'n sagte porselein vel en glansende donker hare. Perfek vir haar rol in ons swart tema fotosessie. Ek het 'n fees gehad om haar dromerige donker oë te grimeer. Met die kleurskema in gedagte, het ek haar oë met 'n donker smokey geskadu, en met 'n pragtige pers afgerond. Die pers hoef nie oorweldigend te wees nie, 'n titseltjie kleur wat by gevoeg word kan die oë mooi laat uitstaan. Gebruik 'n kleur wat by jou kleurskema van jou troue pas, sodat dit die hele voorkoms kan afrond.

Ek het lekker volume met haar wimpers geskep deur twee lagies maskara aan te wend. Bianca se vol lippe het gevra vir 'n helder kleur, en weereens kon ons die kleure van die blomme wat gebruik was, gebruik vir haar lippe. Ek het Bianca se wangbene effens uitgebring deur skadus op die regte plekke te gebruik. Sagte pienk blosser is op die bal van haar wange aangewend. Ons het reeds baie kleur ingesluit met haar grimering, so haar blosser het ons sag en natuurlik gehou.

Swart maak 'n vreeslike mooi "canvas" vir helder kleure. Met ons swart trou projek het ek gegaan met diep kleure soos pers, rooi pienk en so bietjie groen om 'n sagter element ook intebring, dis belangrik om die swart ook te balanseer met ander kleure. Omdat ons nou in lente is het ek baie gebruik gemaak van blomme om die kleure intebring vir die sessie.

Die haar inspirasie:

Hierdie gesonde dik hare is 'n droom om mee te werk. Met die wete dat ons 'n pragtige blommekrans gaan gebruik, het ek vir haar n lae haarstyl gegee wat nog onder die blommekrans kan verskyn. Bianca het middelmatige lengte hare, so die los krulle wat gemaak is het lekker volume geskep. Bianca se vol kuif gee ook 'n pragtige vorm aan haar gesig- ons het hom effens na die kant geneem vir 'n sagte voorkoms. Met so 'n haarstyl kan jy ook 'n blom vassteek wat by die res van jou blomme in jou troue pas.

Die pragtige Du Toit's Kloof Lodge was ons venue vir die swart geinspireerde sessie en daar is eindelose foto geleenthede by hierdie venue. Ons het so lekker gespeel - dis baie belangrik om genoeg tyd te los vir jou fotos vir 'n lekker ontspanne fotosessie.

Ons kan nooit nee sê vir 'n pragtige blomme krans vir die hare nie - dit maak sulke mooi fotos en rond die algehele "look" so mooi af. Hierdie blomme krans is gemaak deur Cherry Tree in Wellington, hulle is geleë by die Welgeleë Checkers Sentrum. Kontak Melanie by cherrytree@telkomsa.net

Die blomme wat Cherry tree vir ons gedoen het vir die sessie is se kleure pas perfek by die visie wat ons gehad het. Daar is ook "sweet peas" tussen in wat 'n heerlike reuk het en so pragtige blommetjie is, dis ook 'n goedkoper alternatief teenoor ander blomme. Dis beskikbaar by Bunches for Africa teen +- R400 vir 100 stele - kontak hulle gerus by 021 982 3412.

Die helder blomme kleure is ook deurgedra na die skryfbehoeftes wat gemaak is deur Strawberry Lace se Carmen met 'n lekker "funky" skrif om dit op te kikker. ​

Carmen het goud in gebring om ons "canvas" 'n klassieke "look" te gee. Goud is beslis altyd 'n wenner en daar is niks so lekker om 'n DIY projek aan te pak en consol potte goud te spray nie; dit hoef nie net consol potte te wees nie dit kan wyn bottels, coke bottels en allerande vlesse wees. Om die troue tema meer modern te maak het ek gegaan met wit en swart strepe vir die skryfbehoeftes asook die tafeldoeke.

Hierdie pragtige rok is voorsien deur Elouise Roode Bridal & Evening Wear, sy is gebaseer in Brackenfell & maak die mees asemrowende rokke. Ons beveel haar aan vir al ons Inspirasie Stasie Bruidjies.

Ons het ook 'n paar goue glitters saam gevat na die fotosessie vir 'n paar prettige fotos, mens hoef nie oorboord te gaan met klomp "props" nie maar een of twee eenvoudige items kan baie bring na jou fotosessie. Kyk net hoe pragtig lyk dit

Diensverskaffers:

Stileering, skryfbehoeftes & koek: Strawberry Lace

Fotografie: Miss Cee Photography

Hare & Grimering: Make Up Madonna

Blomme: Cherry Tree

Rok: Elouise Roode Bridal & Evening Wear

Venue: Du Toit's Kloof Lodge

Swart Dekor: Classy Hire


Recent Posts
bottom of page