top of page

12 maande voor jou groot dag - Beplanningshulp

“Dit is belangrik om vooruit te beplan om stresvolle situasies te vermy. ‘n Ontspanne en gelukkige paartjie maak die beste trou fotos”

Jy as bruid het verseker teen nou al klomp prente uit trou tydskrifte geskeer, in ‘n leêr geplaas met klomp idees van hoe jou groot dag moet lyk/wees. Hier is ‘n paar wenke vir die bruidspaar van 12 maande voor hul troue tot op die dag, om hul droom dag ‘n suksesvolle en onvergeetlike dag te maak.

12 maande voor die groot dag:

Teen 12 maande moet jy al jou begroting uitgewerk hê, seker wees jou kerk en onthaal saal is bespreek en deposito betaal. Sodra dit gedoen is kan jy maar jou fotograaf bespreek en jou gastelys begin opstel. As jy twyfel wie om te nooi na jou troue toe volg die link http://bruid.sarie.com/raad/trou-etiket/nataniel-se-raad-oor-trougaste/ van Nataniel wat vir jou baie goeie advies daaroor kan gee. Indien jy ‘n geskenk register wil he kan jou solank dit ook reel. Kontak ‘n funksie ko-ordineerder/beplanner om jou te help beplan aan jou troue en om te help op die dag. Indien jy nie ene in jou begroting kan in pas nie, vra jou ma of vriendinne om jou te help.

10 maande voor die groot dag:

Teen die tyd moet jy al weet jou jou kleur skema en tema gaan wees. Maak seker jou kleur skema/tema pas mooi in by die seisoen waarin jy trou. Jy kan nou jou huweliks bevestiger/dominee, seremoniemeester asook ander sprekers kies en by hul seker maak of hul beskikbaar is op jou groot dag. Dit is goed of so vroeg vooraf almal te vra wat ‘n ietsie moet se, sodat hul lank genoeg tyd het om ‘n fantastiese toespraak voor te berei. Tel die telefoon op en kies jul gevolg. As jy dit op ‘n spesiale manier wil doen, laat maak vir hul ‘n mooi kaartjie, t-hemp of maak ‘n mooi boksie op met persoonlike goedjies waarvan elkene sal hou en hul laat spesiaal voel. Mans is nie gewoontlik gepla oor “detail” as dit by die groot vraag kom nie (“boys will be boys”) maar as jy naamens jou toekomstige man wil oulik wees en hom help, laat hy vir elk een 'n sigar gee; of ‘n klein botteltjie van hul gunsteling drankie,maar doen moeite, dis net so ‘n spesiale oomblik vir hul soos dit vir jou is, daars niks so wonderliks om gevra te word om ‘n strooimeisie/strooijonker te wees nie. Indien jou trou “venue” nie spyseniering insluit nie, is dit tyd om een te boek. Maak seker jy gaan teminste 6 maande vooraf om die kos te proe. Want glo my gaste praat altyd na die ty door hoe lekker die kos was. Musiek speel ook ‘n groot rol so dis tyd vir jou om jou platejoggie ook te kies, of as jy meer klassiek wil gaan kan jy altyd gaan vir ‘n orkes. Jy moet ook by die bloemiste uitkom en jou blomme kies. Dit is baie belangrik om te kyk waste blomme in seisoen is om seker te maak dit wat jy wil hê beskikbaar sal wees. Dit is ook tyd om ‘n grafiese ontwerper te gaan sien sodat jul kan gesels en beplan wat als gemaak en ontwerp moet word.

8 maande voor die groot dag:

Laat maak jou rok en maak seker jy gaan gereeld vir aanpassings om seker te maak die rok pas en lyk soos jy wil he dit moet lyk. Gaan besoek verskillende tuisnywerhede en proe koeke asof dit uit die mode gaan en bestel die sapigste een. Doen jou verlowings – foto sessie, indien jy so iets sou wou doen. Begin solank oefenlopies vir jou hare en grimering. Dit sal goed wees om dit te doen sommer op die dag wat jy gaan vir jou verlowings - foto sessie; dan lyk jy beeldskoon vir die fotos en en jy leer jou fotograaf better ken so dat jy gemaklik kan voel op jou troudag.

6 maande voor die groot dag:

Stuur jou hou-die-dag-oop kaartjies uit aan jou gaste. Dit gee hul genoeg tyd vooraf om die dag oop te hou en om jul te laat weet. Beplan en bespreek jul wittebrood. Indien jul oorsee gaan maak seker jul paspoorte is op datum en dat jul dokters besoek en enige inspuitings wat moontlik nodig is op datum is. Koop of laat maak die strooimeisies se rokke. Maak ‘n dag daarvan saam jou strooimeisie, dis tye soos dit wat jul verewig saam kan koester. En moenie vergeet om die trou ringe te koop of te laat maak nie.

4 maande voor die groot dag:

Nou is dit tyd vir die mans om ‘n mannedag saam te he en die strooijonker(s) se uitrusting te kies. Bevestig met jou bloemiste, platejoggie/orkes, spysenierder en grafiese ontwerper dat als op datum is en nog vlot verloop. Teen die tyd moet jy ook finaal besluit hoe jy jou hare en grimering wil he en jou grimeer- en haarkunstenaar in kennis stel.

2 maande voor die groot dag:

Jy moet jou huweliksbevestiger gaan sien en alle detail met hom/haar bespreek. Maak seker met jou funksie ko-ordineerder of die persoon wat jou help met jou troue dat daar genoeg leads is vir beligting, ekstra stoele is indien nodig ens. Maak ook seker met jou platejoggie of hy ‘n kordlose mikrofoon het of nie, sodat jul kan besluit waar die mense moet staan wat toesprake maak. Reël alle vervoer en jou trou kar. Teken ‘n tydskedule ‘n detailed skedule op van hoe jou dag moet verloop (of vra jou ko-ordineerder) en maak seker jou trou venue, die fotograaf, seremonie meester, huweliksbevestiger en grimeer- en haar kusntenaar dit kry sodat hul ook weet hoe als moet verloop en hoe baie tyd hul het om hul dienste uit tevoer. Finaliseer kos en blomme. Bestel of laat maak geskenkies vir jou gaste indien jy sou wou ietsie gee vir hulle. Koop jou trou skoene en bykomstighede. Besluit oor jul troubelofte en bespreek dit met jul huweliksbevestiger. Gee ‘n lys aan jou seremoniemeester van wie almal toesprake gaan maak en wanneer.

6 weke voor die groot dag:

Bevestig met jul huweliksbevestiger dat alle dokumente in orde is vir jul troulisensie. Laat druk alle papiergoed wat jy by jou troue gaan he. Hou ‘n selfdoen naweek saam jou vriendinne, maak al die laaste goedjies vir jou troue, dis vreeslik pret en baie spesiaal omself ook doenig te wees met jou troue, veral as jy self goedjies maak. Gee jou lysie van liedjies wat jy graag gespeel wil he aan jou platejoggie en al die belangrike liedjies soos die opedans liedjie. Bespreek ‘n datum wanneer jul en die fotograaf bymekaar kan kom om alles mooi fyn te beplan hoe jy jou fotos wil he, waste tipe fotos .

4 weke voor die groot dag:

Dis gewoontlik wanneer die stooimeisie ‘n hennepartytjie/kombuistee reel en die strooijonker(s) iets vir die bruidegom reel.

2 weke voor die groot dag:

Loop jou trou skoene in sodat hul lekker gemaklik is op jou troudag. Laat maak laaste rokverstellings indien nodig. Finaliseer jou gastelys as ook jou tafellyste. As jy wil in is nou die tyd om jou te laat pamperlang, gaan vir ‘n gesig- en waksbehandeling. Gaan vir ‘n veilige sonbruin sessie. Koop die geskenkies vir jul gevolge en maak dit op. Bevestige laaste klein takies met alle verskaffers (ko-ordineerder, bloemiste ens).

1 week voor die groot dag:

Gaan tel jou rok op, maar maak seker niemand sien vooraf hoe jou rok lyk nie. Dit moet vir almal ‘n verrassing wees. Pak jou wittebrood tas. En ontspan.

2 dae voor die groot dag:

Laat doen jou naels. Hou ‘n repetisie by die kerk saam jul gevolg. En hou ‘n lekker ete saam hul na die tyd en geniet elke oomblik daarvan.

1 dag voor die groot dag:

Gewoontlik is dit tradisioneel vir die bruidspaar om die dag voor die groot dag weg van mekaar af te spandeer. Dit gee die bruid en haar gevolg en die bruidegom en sy gevolg die ideale tyd om daai laaste bietjie “bonding” te doen. Jul kan nou ook die geleentheid neem om hul geskenkie vir hul te gee.

Op die groot dag:

Trou!! Neem soveel as wat jy kan in en maak elke oomblik ‘n onvergeetlike oomblik. Geniet julle lewe saam as ‘n getroude paartjie en laat die liefde vloei.


Recent Posts
bottom of page