top of page

As ek een ding van my troudag kon verander sou ek...

Almal van ons droom van die perfekte dag maar ons almal se siening van ons perfekte troudag verskil ook. Dis so maklik om weggevoer te raak met almal se idees en beplanning van wat hulle dink is reg vir julle dag dat mens soms vergeet waaroor dit regtig gaan.

Ons het 'n paar reeds getroude dames genader oor wat hulle sou verander as hulle slegs een ding kon verander van hulle groot dag.

1. "'n Videograaf is 'n MOET"

Omtrent 90% van ons bruide het genoem hoe vreeslik spyt hulle is dat hulle nie belê het in 'n videograaf nie. 'n Gesoute videograaf is beslis 'n belangrike belegging maar nie iets wat almal in hulle begroting plek voor kan kry nie, maar ons sal julle aanraai om tog te probeer om 'n plekkie te maak vir video. Video vang al die klein oomblikkies vas wat jy dalk gemis het op jou groot dag omdat alles so in 'n warrelwind verby waai, dink net hoe lekker dit sal wees om na jare & jare te kan terugkyk en selfs vir julle kinders & kleinkinders hierdie spesiaale dag kan wys.

Ons beveel aan : Jacques by 25 Weddings in Kaapstad - 021 854 8950 , webtuiste: http://www.25weddings.co.za/

2. "Ek wens ek het minder geld uitgegee op..."

'n Paar van ons bruide het genoem dat hulle besef het hulle het hopeloos te veel geld spandeer op goed wat die gaste nie regtig wardeur het of wat gemors was op die ou end van die dag. Baie van hierdie bruide het na hierdie uitgawes verwys as die troukoek.

Ons wenk is dat jy die troukoek sny na julle uit die seremonie kom as deel van die "pre-drinks" en peuselhappies, op hierdie manier sal almal die pragtige koek kan bewonder & geen stukkie sal gemors word nie.

Ons beveel aan: Marlet van Original Rustique - 071 747 6093

3. "Dinge waarop ek nie moes suinig wees nie"

Daar is sekere dinge wat 'n troue kan maak of breek. Meeste mense sal vir jou sê dit is die DJ/musiek & die kos, natuurlik is elke troue anders maar dit was die meerderheid se antwoord. Nog paar dinge waarop ons bruide wens hulle was nie te suinig nie is:

Hare & Grimeering - Maak seker jy kry iemand wat dit kan doen presies soos wat jy dit wil hê.

Fotograaf - Na alles verby is , is dit al wat jy gaan oorhou van jou troudag { en jou man natuurlik ;) }. Maak dus seker jy kry iemand betroubaar & oor wie se werk & edit/skiet styl jy versot is op.

4. "My trourok"

Een bruid skryf, " Ek sou veel eerder my rok gehuur het , dis nou skaars 'n maand na ons troue & hy hang my kas vol" , 'n ander bruid noem dat sy wens sy het eerder haar droom rok gekies en nie die ekstra sente afgeknyp het nie vir ander onnodige uitgawes nie.

Nie almal het dieselfde styl nie en wanneer jy 'n rok laat maak spesiaal vir jou ligaam & smaak sukkel jy dikwels om na die tyd die rok uitverhuur te kry. Ons stel voor die "maak om te huur opsie" - jy kry jou droom rok presies soos wat jy hom wil hê en na die tyd besorg jy hom terug aan jou ontwerper & hulle verhuur hom weer uit. Die ander opsie is natuurlik om na jou troudag 'n "trash the dress" sessie by jou fotograaf te boek maar meeste mense kry nie dit nie so maklik oor hulle hart nie :)

Ons beveel aan : Elouise Roode Bridal & Evening Wear - 083 393 6137

5. "Ek wens ons het meer gedans op ons troue"

'n Hele paar van ons bruide sê hulle wens hulle het meer gedans op hulle troue en daar is ook 'n paar wat wens hulle het eerder proffesionele danslesse gevat voor hulle troue sodat hulle KON dans.

Dis jou groot dag, geniet die partytjie saam met jou gaste. Ons stel voor om die formaliteite so gou moontlik agter die rug te sit , sodat daar meer tyd is om saam met jou gaste te "mingle".

Vir dans lesse beveel ons aan : Phox Dance Academy - Roxy - 021 870 1177

6. "Ek sou minder mense genooi het"

Hierdie is een wat omtrent by elke bruid opgekom het vir verskillende redes, een bruid sê sy het nie meer kontak met die helfde van die mense wat sy genooi het nie, ander sê hulle sou eerder die geld spandeer het op die wittebrood , 'n ander bruid se raad is dat mens moet onthou die mense wat jy nooi moet die mense wees wat jy weet in moeilike tye vir julle sal kan bystand/raad bied.Sny waar jy kan aan gaste, soos ons een bruidjie sê, "ek sou nie toegegee het aan mense wat 'n "miskien" was vir my gastelys of wat geskimp het vir 'n uitnodiging nie".

Ons stem 100% hiermee saam. Carmen van Strawberry Lace het vir ons hierdie oulike diagram gemaak wat die keuse sommer baie vergemaklik. Jy kan dit hier aflaai.

7. "Ek sou nie in Desember getrou het nie"

Behalwe dat Desember spitstyd is en alles vir jou troue moontlik duurder is, is dit ook soveel duurder om op wittebrood te gaan, so waar jy in die af-seisoen dalk 2 weke sou kon weggaan sal jy dieselfde betaal vir een week in Desember (spitstyd).

Sune* skryf "ek sou veel eerder daardie ekstra geld wou gebruik vir ons wittebrood - daardie tyd as pasgetroudes alleen is so spesiaal"

Anke* sê ook dat sy sou minder geworry het oor die weer, 'n bietjie reën op jou troudag is 'n blessing :)

Ons deel graag hieronder met julle nog 'n paar wenke van ons getroude bruidjies:

"ek sou van my eie kos wou eet, ons weet nie eens hoe dit geproe het nie"

"ons sou beslis nie wag tot almal weg is 3h die volgende oggend nie, ons was poot uit!"

"My konfetti was fynbos en ek kon dit nie uit my hare kry nie , dis op al die fotos en sit ook verskriklik in my rok vas"

"'n groter paket by my wonderlike fotograaf"

"my dag was perfek, ek sal niks verander nie"

"ek sou my skoene ingeloop het voor die tyd, my tone was blou gedruk!"

"ek sou my seremonie 'n uur vroeër begin het sodat ons langer tyd gehad het by die onthaal saam met ons gaste"

"ek sou graag 'n proffesionele fotograaf wou hê"

Dis belangrik om te onthou dat elke troue uniek is, en selfs al loop daar hier & daar ietsie verkeerd sal meeste van jou gaste dit nie eens agterkom nie.

Onthou waaroor die dag regtig gaan, neem elke oomblik in saam met jou nuwe man & julle geliefdes!

Lekker beplan!

{* = skuilname}


Recent Posts
bottom of page