#DIYDonderdae - Ombre Chinese Lanterns
Vir die projek benodig jy:
1 Wit Chinese Latern - Medium grootte
1 Blik Grys Aerolak perfect finish spuitverf
1 Blik Gun Metal (donkerder skakering van grys) Aerolak special finish spuitverf
Klompie ou koerante
1. Plaas die draad wat binne in die lantern kom in sodat die lantern 'n ronde vorm het.
2. Plaas die koerante op die vloer.
3. Hou die wit lantern regop en begin met die grys spuitverf eerste spuit. Spuit so 2/3 van die lantern in hierdie kleur.
4. Los die lantern om droog te word vir 10minute.
5. Herhaal hierdie proses 2 keer vir beste resultate.
6. Neem nou die "gun metal" spuitverf en spuit 1/3 van onder af - bo oor die ligter grys.
7. Los die lantern om droog te word vir 10minute.
8. Herhaal hierdie proses ook 2 keer vir beste resultate.
* Sien ook die aflaaibare weergawe van hierdie blogpost hier.
Die eind-resultaat: