top of page

Regte Troue | Tiaan & Natasha | Groenrivier

Vandag deel ons die regte troue van Natasha & Tiaan op die blog. Wat 'n pragtige troue, amper so mooi soos hulle liefdesverhaal - maak seker jy lees Natasha se pragtige storie hieronder.

Hulle het die knoop deurgehaak by die mooi Groenrivier Venue in Riebeek-Wes & die prag fotos is geneem deur die talentvolle Jenni Elizabeth. Inspirasie Stasie se eie Donna van Make Up Madonna het gesorg vir Natasha se pragtige hare & grimering.

*Sien die volle verskafferslys onderaan hierdie post.

Natasha skryf -

My eerste herinnering van Tiaan wat vir altyd by my sal bly is hoe baie ek van hom gehou het al ek het hom skaars geken.

Ons het in ons eerste jaar op Potchefstroom Universiteit ontmoet waar ons koshuise, Heide en Dewilgers saam gesleep het. Ons sleep naam was Heidige Liefde! So gepaste naam – perfek! Ons het vinnig besef dat ons baie ingemeen het en dat ons van mekaar se geselskap hou. Tiaan het hierdie skaam, beleefd en vrolike geaardheid gehad wat my betower het.

So het Tiaan my gevra om saam hom op `n date te gaan. Ons het gaan fliek in die Mooirivier Mall (waar ek as eerste jaar door nie mag gewees het nie). Ons het so gegiggel want ons kon in soveel moeilikheid gekom het by ons koshuise. Maar die risiko was die moeite werd. Ons het nog National Treasure gekyk – snaaks hoe die fliek gaan oor skatte en toe raak ons mekaar se skatte. Na die tyd het ek besef, die mannetjie is iemand spesiaals. Hy het my nie net betower nie maar my uitgedaag ook en hy was die man met wie ek die res van my lewe wou mee saam spandeer.

Toe ons klaar studeer het was ons toekoms baie onduidelik omdat ons nie geweet het waar wie gaan werk kry nie. Al wat ons geweet het was dat ons mekaar lief het en dat ons saam wil wees. Tiaan het toe werk gekry in die Kaap en ek is eers `n jaar later agterna.

Ons het nie omgegee om die mooie Kaap ons huis te maak nie.

Ons is albei baie lief vir die buite lewe en geniet dit om aktief te wees. Ons het verskeie ongelooflike stap roetes identifiseer wat ons wou stap en klim. Dit het naderhand ons naweek roetine geraak. Al ons reëlings was beplan om stap. Van moeilik en uitdagend tot vêr.

Ek en Tiaan het baie gepraat oor trou, soms meer ek as hy, maar Tiaan het geweet dat die dag wat hy my vra om te trou, moet dit op so `n manier wees wat spesiaal en eg is aan ons.

Op Werkersdag, 1 Mei 2014, maak Tiaan my vroeg die oggend wakker met koffie en beskuit in die bed. `n Manier hoe my al baie wakker gemaak het as ek vir hom gaan kuier op sy ouer plaas. Hy se toe vir my ek moet aantrek, en vinnig ook, want hy wil êrens bietjie gaan stap. Dit sal maklik en vinnig wees en dis die laaste van die lekker weer en ons moet dit geniet. Ek het baie moeilik opgestaan, want ek was nog siek ook.

Ek bel my ouers net om te hoor wat hulle almal doen en om by hulle te moan, want ek wil nie stap nie. Hulle se toe ek moet gaan, want dis `n vakansiedag en Tiaan wil my seker net bederf met `n lekker koffie êrens langs die see. Ek dink hulle het geweet wat hy beplan om te doen.

Ons stop toe by Kampsbaai en Tiaan wys my wat hy wil klim… die Twaalf Apostels… niks van die klim is maklik of vinnig nie. Vyf ure later was ons nogsteeds nie bo nie. Eventueel toe ons bo kom, toe mos ons nog `n vêrdere 2km stap.

Ons het al baie roetes gaan klim en nog nooit het ons enige wild gesien nie. Daardie dag toe sien ons twee Duikers wat baie simbolies is, want Duikers is lewenslange maatjies.

Ons kom toe by die uitkykpunt waarvan Tiaan gepraat het. Dit was ongelooflik mooi. Dit was privaat en het oor die see uitgekyk. Dit was net ons twee en die natuur. Ons het op `n rots gestaan wat `n waterpoel gehad het, so ons kon ons skoene uittrek en net afkoel en relax.

Nou dat ek terug dink, was Tiaan baie onrustig maar op daardie stadium het ek dit nie besef nie. Ek het myself te verwonder aan die uitsig.

Tiaan het toe voor my kom staan en my `n soen gegee en gesê hy het my regtig baie lief. Waarop ek toe antwoord dat ek hom ook lief het, maar waar is die water, want sjoe dis warm.

Tiaan het op daardie stadium nogsteeds nie kom sit nie. Hy kom kniel toe op altwee knieë voor my (omdat die spasie in die poel baie klein was) en vat my hande in syne en se toe weer vir my hy het my baie lief. Hy wil he ek moet eendag sy vrou wees.

Ek het nie besef dat hy my eintlik op daardie oomblik gevra het om te trou nie, want ek het niks verwag nie. Toe vra hy my of ek met hom sal trou. Ek was so verbaas dat ek heeltyd gevra het of hy nou ernstig is en dat hy moet belowe. Dit was die perfekste dag van ons lewens en meer spesiaal en eg sou dit nie kon wees nie.

Ek het by daardie berg op gesukkel en gekla maar ek het afgesing en gejuig. Ek het `n paar keer geval en gegly, maar my hand met my mooie ring was heeltyd in die lug.

Ek moes toe die volgende dag dokter toe gaan vir antibiotika maar dit het my nie onder gekry nie. Want dit was die begin van groot dinge. Ons was in die portaal van ons huwelik en die res van ons lewens saam en sjoe was dit `n mooi portaal.

Ons het maklik begin troue reel, want ons smaak is baie dieselfde en ons het geweet wat ons wou he.

Ek en Tiaan wou mekaar graag voor die seremonie sien, want ek het geweet ek gaan so vol emosies wees dat ek nie die trane sal kan keer nie. Dit was ook vir ons belangrik om mekaar te sien op ons eie en net die oomblik en die dag te kan inneem en waardeer. Ons het geweet dat ons na die seremonie in soveel rugtings ingetrek sou word met almal wat ons wil geluk wens en met al die vêrdere reelings vir die dag.

Dit was die beste besluit want toe hy omdraai en my sien en ek die kyk op sy gesig sien kon ek die trane nie keer nie. Dit was so mooi, roue oomblik vol emosies. Die kyk op sy gesig en hoe ek gevoel het in daardie oomblik, sal ek vir altyd saam met my dra. Ons het mekaar `n drukkie gegee wat gevoel het dis net ons in die wêreld en dis al wat saak maak.

Ons was nogsteeds bewoë met die seremonie, maar die druk was nie so erg nie.

Liefde is `n wonderwerk en mens moet dit so koester en oppas. Want as dit reg hanteer word sal mens die vrugte nooit ophou pluk nie.

3

Die dag gaan so vinnig verby. Geniet dit, eet en drink en kuier saam jou gaste en neem alles in. Trek jou rok so vroeg as moontlik aan – al is jou hare en grimering nog nie klaar nie want jy gaan nooit weer daardie rok aantrek vir jou troudag nie.

Moenie:

Moenie laat ander mense besluite maak namens jou nie. Doen wat julle gelukkig maak, want doen julle iets vir iemand anders en hulle is gelukkig vir net daai dag en jy is spuit vir die res van jou lewe OF jy is gelukkig vir die res van jou lewe en hulle is ongelukkig vir eendag.

Die heel beste deel van ons trou dag:

Die heel beste deel van ons troue was Tiaan se gesig toe ons mekaar vir die eerste keer gesien het. Die manier hoe hy vir my gekyk het en sy uitdrukking het my asem weggeslaan en my net laat WOW voel.

DIY Projekte:

Omdat troues so duur is het ons probeer kostes sny waar ons kan. Gelukkig het ons baie spesiale mense in ons lewens wat talentvol is. Tiaan se ma het al ons hessian en kant runners gemaak vir die tafels en die koektafel. Tiaan en A.J., `n strooijonker, het al ons hout discs gesny wat op die tafels was en waarop die koek gestaan het. Ek en Tiaan het al die menu staners, goue consol potte, potte wat in die kapel gehang het met blomme en foto’s van geliefdes wat nie die dag saam met ons kon deel nie (want die hemel is te vêr).

Ons het al ons favours vir ons gaste ook self gemaak. Ons het waar ons kon pryse onderhandel en opgeweeg om te verseker om geld te spaar waar ons kon.

Diensverskaffers:

Venue: Groenrivier, Riebeek-Wes

Catering: Malita Joubert Spyseniering

Fotograaf: Jenni Elizabeth

Videograaf: Imagenheart

Blomme: Linda Meintjes

Decor : Prickley Pear

Beligting: EC Lighting

Tafels & stoele: Goeters

Skryfbehoeftes: Justin Taylor

Koek: PB Cakes

DJ: DDJ Productions

Bruid se rok: Familie Vriend

Hare & Grimering: Make Up Madonna

Dominee: Dominee Thys

Akkomodasie: De Langenhof

Huwelikskontrak: Zinia Meintjes

String Trio: Marga Smith

Kerse: RentaCandle

Bruid se ring: V'Dodili Jewelery


Recent Posts
bottom of page