top of page

Skoonheidswenke vir die wittebrood

Troue skoonheid word jou wittebrood skoonheid

Alhoewel dit heerik is om ‘gepamper’ te word kan skoonheidsbehandelinge vir jou troudag ‘n bitter duur storie raak. Behalwe vir jou hare en grimering op die dag, is daar nog soveel ekstra ditjies en datjies wat voor die tyd gedoen moet word om die prentjie te voltooi, en jy as bruid, soos die mooiste vrou laat voel.

Maar daar is ‘n positiewe deel aan al die behandelinge vir jou groot dag: dit is nie nét vir daardie een dag nie! Daar is sekere skoonheidsbehandelinge wat jou nog vir die wittebrood fantasties sal laat lyk en voel :)

Professionele wimperverlengings:

Sjoe. Hierdie is ‘n moet.

Wimperverlengings, ook geken as ‘lash extensions’, kan deesdae by meetse salonne gedoen word.Dit gee die voorkoms van maskara op die oë, maar kan gebruik word vir verlenging ,asook om die wimpers voller te laat lyk. Die lengtes kan ook gekies word. Die terapeut heg ‘n falshaartjie aan elk van jou eie wimpers, een vir een. Dus gee dit ‘n uitstekende natuurlike voorkoms. ‘n Droom vir bruide.

Wimperverlengings is waterdig- dit wil se dit kan nie afgehuil word nie - ook nie afgesweet word in die somer maande nie. En die voorkoms van jou wimpers op die troufoto’s is uitstekend! Dit rond die grimering perfek af vir ekstra impak.

Die beste deel van die ‘extensions’ is dat dit tenmiste vir 4 weke nog mooi kan hou. Omdat maskara nie meer benodig word nie, is dit perfek vir jou wittebrood. Jy sal nie hoef te dink aan grimering elke oggend nie - staan op met mooiwimpers wat lyk asof dit reeds maskara op het! Vir ‘n wittebrood by die see of langs die swembad, sal hierdie verlengings ook perfek werk, want dit sal nie af kom of ‘smudge’ as dit nat raak nie. Bonus!

Ons beveel aan: ‘Lash extensions’ by Make-up Madonna Beauty Bar, Welgeleë Checkers Sentrum, Wellington, donna@makeupmadonna.co.za, 084 919 7051.

Brazilian Blowdry:

Vir seep gladde en beter beheerbare hare,raai ons jou aan om ‘n ‘Brazilian Blowdry’ te kry voor die groot dag.

Keer al die buite beheer-krulle met hierdie behandeling. Nie net lyk dit ongelooflik mooi nie, dit is ook ‘n gesonde behandeling vir jou hare wat die glans terug sit. Hierdie ‘Brazilian Blowdry’ behandeling kan tot 6 maande in jou hare hou!

Dis ‘n groot bonus- dit kan briljant wees vir die troudag, wittebrood, asook die eerste paar maande as ‘n pasgetroude bruidtjie!

Ons beveel aan: ‘Inoar - BrazillianBlowdry’ deurVasti le Roux, mobile stylist, 082 265 6448.

Spray Tan:

Die eerste ding wat in bruide se gedagtes op kom as hul ‘spray tan’ hoor is “oranje!”.

In die 90’s was dit dalk die geval, maar nie meer in 2015 nie :) . Solank jy ‘n goeie terapeut het wat van ‘n goeie produk gebruik maak (bv. Caribbean Spray Tan), sal die resultate uitstekend wees.

‘n Ongelooflike natuurlike en egalige ‘sunkissed’ voorkoms van die vel is belowe na net een spraytan sessie. Een sessie duur gewoonlik vir +-20min, en geen sonskade is die grootste voordeel! Nog ‘n voordeel is dat daar verskillende skakerings is om van tekies- van lig tot donker. Dit verseker jou van die natuurlikste kleur wat die beste by jou pas. ‘n ‘Spray tan’ houtussen 1-2 weke, so dit gee jou ook dadelik ‘n voorsprong met jou tan op julle witte brood! Jy kan wel nog sonkleur kry as jy ‘n ‘spray tan’ het.

Perfek!

Ons beveel aan: Caribbean Tan se spray tan produktevir die natuurlikste effek!

Gel naels op hande en voete:

Dis ‘n wonderlike tegnologie vir die naels!

Gel is dadelik hard en droog sodra die naeltegnikus klaar is daarmee. Dit beteken die produk op jou naels kan nie smeer en bemors nie. Gel hou ook vir lank baie mooi op die naels, en daarom beveel ons dit aan vir jou troudag en wittebrood.

Gel sal nie net jou naels goed beskerm van afskilfer en inskeur nie, maar sal ook seker maak hulle lyk netjies en vars deur die hele wittebrood.

Liefde,

Donna


Recent Posts
bottom of page