top of page

Top 10 Troudag Haar- en Grimering Wenke

Met soveel skoonheids idees en opinies wat na jou kant toe kom met die beplanning van jou voorkoms vir jou troudag, is hier ‘n paar wenke waarop jy ten minste kan staat maak:

Met die aanloop van jou troudag, gaan vir ‘n paar velsorgbehandelings voor die tyd wat spesifiek help met reiniging van die vel; vogtigheidsvlakke balanseer; asook die voorkoms van die vel sagter laat verskyn. Die laaste behandeling moet tenminste 5-7 dae voor die groot dag gedoen word.

Ons beveel aan: Chrizanne Hickman van New Skin Wellness Studio in Wellington, 0799454576; Tranquil Body Treats, Checkers sentrum, Wellington, 073 927 9080.

⦁ Dit word gewoonlik aangeraai om vir ‘n toetslopie (ook geken as ‘n ‘trial’) te gaan vir jou hare en grimering. Nie net help dit die bruid om ‘n mooi idee te kry van hoe sy gaan lyk nie, maar die haarstilis en grimeerkunstenaar kry ook die perfekte prentjie van die bruid waarmee sy gaan werk. Dit maak die proses ook vinniger op die troudag. Almal weet wat gedoen moet word, en almal voel gemaklik met wat verwag word van mekaar. Soos voorheen op Inspirasie Stasie genoem, is nog ‘n briljante wenk om jou hare en grimering oefenlopie te skeduleer op die selfde dag van jou verlowings fotosessie (e-shoot). Dit gee jou ook ‘n goeie idee van hoe jou hare en grimering gaan lyk op foto’s op jou trou dag.

Ons beveel aan: Cawilhmi Freislich van Miss Cee Photography, missceephotography@gmail.co.za, vir die foto’s, en Donna Taylor van Make-up Madonna, donna@makeupmadonna.co.za, vir die hare en grimering.

• Maak seker jou grimeerkunstenaar het die regte grimering wat by jou veltiepe pas. Bv: vir olierige vel moet ‘mattifying’ produkte gebruik word. Amper alle professionele grimering is hipo-allergenies, wat beteken dit sal geen allergiese reaksie tot op die sensitiefste vel veroorsaak nie. By die proeflopie sal hierdie sal punte ook bevestig kan word.

• Jou grimeerkunstenaar moet gebruik maak van ‘n ‘skin primer’ voor sy begin met die grimeeringsproses. Hierdie produk doen die volgende:

1) Dit versag die voorkoms van fyn lyntjies en groot poreë, so dit gee ‘n gladder, meer eweredige tekstuur van die vel.

2) Meeste ‘skin primers’ maak dat jou onderlaag beter set, wat veroorsaak dat jou onderlaag vir langer mooier lyk.

3) As jy ‘n olierige vel het, gebuik ‘n ‘mattifying skin primer’ wat die verskynsel van olierigheid voorkom.

• Op die troudag, sal ‘n ‘lip sealer’ die bruid en grimeerkunstenaar se beste vriend wees. Hierdie wonderlike produk seel basies die lipstiffie aan die lippe en maak dat die kleur op jou lippe vir ‘n hele paar uur kan hou! Jou grimeerkunstenaar hoort so ‘n produk in haar kit te he.

Ons beveel aan: ‘Lipcote- Lip Sealer’, beskikbaar by Make-up Madonna Beauty Bar teen R120 per buisie, 084 919 7051.

• Nog ‘n fantastiese produk is ‘n ‘fixing’- of ‘finishing spray’. Dit word deur die grimeerkunstenaar bo oor die grimering aan die einde opgespuit. Dit maak die grimeering waterdig en dat dit vir ‘n verlengde tydperk nog perfek lyk. Dit is veral goed om gebruik te maak van hierdie produk as jy in die somermaande trou.

• Die kanse dat jy ‘n traantjie stort op jou troudag is bitter groot . Die regte manier om die trane in hul pad te stop, sonder om jou grimering op te mors, is om ‘n tissue om jou regter pinkie te draai en dit dan by jou oë liggies druk. Die tissue sal goed weggesteek wees en trane sal gekeer word.

• Vir haarstyle met krulle werk dit altyd goed om die hare ten minste die aand voor die troudag te was- veral as jy fyn/sagte/reguit hare het. Dit maak die stilering makliker en maak dat die krulle en haarstyl baie langer hou. Enige intensiewe haarbehandelinge moet ‘n paar dae voor die troudag gedoen word, nie net een dag voor die tyd nie.

• Dit word ook aanbeveel om enige kleurbehandelinge van die hare tenmiste een week voor die groot dag te doen. ‘n paar lig strepies is altyd ‘n goeie idee vir ‘n lewendige voorkoms van die hare, en gee meer definisie veral met ‘n haarstyl wat krulle of vlegsels betrokke het.

Vir haarkleur behandelinge beveel ons aan: Kerry Hanna van ‘Fringe’ haarsalon, Paarl, 073 314 8332.

• As jy gebruik gaan maak van bykomstighede in die hare vir die groot dag, probeer iets kies met ‘n nutrale kleur wat steeds pas by alle aspekte van jou trouskema. As jy ‘n haarstyl met baie detail het, gaan eder vir iets kleiner, maar as jy ‘n eenvoudiger en elegante styl het, kan ‘n groter bykomstigheid gebruik word. Blomme lyk altyd pragtig in ‘n bruid se hare. Ko-oordineer dit met die blomme van jou trouruiker. Wees net versigtig vir te swaar blomme of blomme wat vining verlep (bv oop wit rose). “Gipps” of “Baby’s Breath” blomme word fantasies gebruik in hierdie situasie- die blomme is klein, lig, verlep nie vining nie, en die nutrale kleur van die blommetjies pas perfek by enige bruid!

Ons beveel aan: Nox van Phenology Flowers, 084 334 3304; en Mijeanne van Nature’s Project, 084 549 6029, mijeannec@yahoo.com.

Foto’s verskaf deur Miss Cee Photography, Memento Photography, Adele Joubert Photography. Hare en grimering deur Make-up Madonna.


Recent Posts
bottom of page