top of page

Winter Inspirasie

kHoewel die winter nou einde se kant toe staan is ons nog nie heeltemal gereed om te laat gaan nie en deel graag vandag met julle ons laaste bietjie winter inspirasie voor ons die lente verwelkom :)

Die winter het soveel mooi elemente. Die reën - dis 'n feit dat reën op jou troudag gesien word as 'n groot "blessing", so moenie stres nie, bring 'n sambreel & 'n paar gumboots & dans in die reën saam met jou nuwe eggenoot. Binne in jou trou venue kan ook baie mooi fotos maak. Die tweede element vir my is die grys kleur van die lig, dit maak mooi diep fotos, en nommer drie - wie kan nou nee se vir lekker warm sjokolade drankie ;)

Winter rokke is so romanties met hulle kant moue - en hierdie klassieke vroulike ontwerp van Little Birdie het die mooie listelle soos 'n handskoen gepas.

Daar is ‘n paar haarstyle wat pragtig by ‘n winter tema kan pas. Vir Listelle wou ek ‘n moderne styl doen wat romanties en sag is, tog elegant ook is. Die lae los ‘bun’ het perfek gewerk!

Die sagte krulle skep volume. Die oop rug van die asemrowende rok (deur Little Birdie), moes beklemtoon wees met ‘n haarstyl wat effens op geneem is. Met so ‘n styl rok sal ek voorstel om jou hare op te neem om die rug ‘af te show’ ;).

Uit met tipiese koue winter kleure, en in met diep, warm, romantiese kleure. Dit is presies wat ek gedoen het met die grimering van hierdie winter tema fotosessie.

Listelle se diep donker bruin oë was perfek gekomplimenteer deur goud, maar nie net enige goud nie- goue ‘glitter’! Dit gee ‘n unieke voorkoms, en die tekstuur van so ‘n ‘glitter’ gee ‘n pragtige driedementionele skynsel.

Beklemtoon jou lippe met ‘n diep rooi soos die wyn-rooi lipstiffie wat ek op Listelle gebruik het. ‘n Mooi donker lip sal die warm winter tema perfek afrond!

Bly met die warmer kleure van die tema as dit kom by die blosser. ‘n Mooi ‘ruby red’ wat liggies oor die wange gevee word sal mooi pas. ‘Bronzer’ op die wange sal ook die voorkoms ‘n warm ‘glow’ van die vel skep.

Die vreeslike kreatiewe blommekrans kopstuk (deur Cape Wedding Shed), het homself perfek van sy taak gekwyt! Kyk hoe mooi rond dit die hele voorkoms af. Die kopstuk en die haarstyl pas weereens perfek saam.

Die lae ‘bun’ kan nogsteeds verskyn onder deur die kopstuk. Neem al hierdie elemente in ag wanneer jy besluit op ‘n haarstyl

Ons het met 'n baie diep en ruik kleur skema gegaan vir die tafels en dekor. Dit is 'n kombinasie tussen warm kleure en kleure wat die dag so bietjie kan ophelder.

Rooi, goud, bruin & groen.

Wie sou nou kon dink die 4 kleure maak so mooi trou kleur skema. Omdat die venue so mooi rustic "look" het, het ek besluit om natuurlike elemente in te bring soos die hout stompe, olyf take en bessies.

'n Belangrike "tip" as jy met 'n tema gaan, probeer dit deur jou hele troue gebruik. Moenie te veel verskillende elemente gebruik in jou tema nie, want dan mag dit dalk net "clash". Daarom het ek my olyf takkies reg deur gebruik van die skryfbehoeftes tot en met die décor en dit lyk mooi; dis nie te veel nie, net genoeg.

Kerse skep 'n warm en rustige atmosfeer vir die perfekte winter troue. Daar is niks mooier as om in 'n vertrek vol kerse te stap nie

Al die elemente op die tafel werk perfek saam om 'n "rustic" en warm voorkoms te skep met minimale dekor wat benodig word.

"Winter is die nuwe Somer" moenie laat die koue of reen jou afsit nie, daars altyd 'n plan B vir fotos en die mense kan warm aantrek en jy kan sambrele voorsien, of soos jul in die fotos sal sien komberse - "To have & To hold, incase you get cold"

Die goue pere is die perfekte DIY projek en so uniek - dis gewaarborg om jou gaste aan die gons te hê.

Ipv 'n sweetie tafel of koue pre-drinks, maak seker jyt 'n warm drankie tafel, dit help dat jou gaste nie te koud kry nie, en vir die soet tande is daar 'n lekker warm sjokolade en marshmallos drankie.

Nog 'n lekker voorstel vir 'n winter troue soos op fotos (en heelwat uniek) gebruik vuur maak stompe, plaas die name van jou gaste en die tafel waarby hul sit daarop, sodra hul dan sien waar hul sit kan hul 'n vuur maak daarmee (L.W. as jou venue dit toelaat) 'n vuurtjie maak warm en is altyd gesellig.

WENK: Om hierdie grimering voorkoms te bemeester, maak seker jou onderlaag is eweredig aangewend. ‘n merkvrye ‘canvas’ werk heel beste, veral as jy dieper kleure op die wange wil gebruik

WENK: Om hierdie grimering voorkoms te bemeester, maak seker jou onderlaag is eweredig aangewend. ‘n merkvrye ‘canvas’ werk heel beste, veral as jy dieper kleure op die wange wil gebrui

Een van die grootste bonusse van wintertroues is ook dat meeste verskaffers dan afslag bied omdat dit nie "peak" seisoen is nie.

Ons sou natuurlik nooit hierdie pragtige shoot kon doen sonder ons wonderlike verskaffers nie:

Model : Listelle Visser

Fotografie: Miss Cee Photography

Hare & Grimering: Make Up Madonna

Stileering,dekor & skryfbehoeftes: Strawberry Lace

Houtstompe: Mini's Functions

Rok: Little Birdie

Blomme: Cape Wedding Shed

Venue: Simondium Country Lodge

Lekker beplan!


Recent Posts
bottom of page