top of page

#DIYDonderdae - Tafel aanwysings

Soms moet mens so bietjie uit die boks dink om jou troue besonders te maak..​

Ons trou tema vir vandag is - Plaas/Natuur/Buite

So ons gaan gebruik maak van plaas diere as tafel aanwysings.

Jy benodig:

♥ Plastiese plaas diere (medium groote) - gaan krap in klein boet se speelgoed krat ;)

♥ 1- 2 Kanne kleur spry van jou keuse, hang af hoeveel diere jy het om te spry.

♥ +\- 10cm stukke lint/tou van jou keuse per diertjie.

♥ En dan 'n klein kaartjie/ettiket met die tafel nr en gas se naam op.

Stap 1:

Maak seker jou diertjies is skoon en vry van enige sand en stof. Spray elke diertjie mooi deeglik, wag so 10min en spray nog 'n lagie oor.

Stap 2:

Neem nou jou kaartjie/etiket wat jy self gemaak het of gekoop het en druk 'n gatjie deur met die

gatjie drukker.

Stap 3:

Ruig nou jou lint deur die gatjie en bind dit om die diertjie se nek vas.

En waaallllah daar het jy dit so maklik soos 1, 2, 3...

• Jy kan enige diere gebruik, dit hang af van jou tema.

• Jou spray moet verkieslik 'n kleur wees wat deel is van jou kleur skema.

• Jy kan ipv n ettiket om die diertjie se nek of 'n vynal stiekertjie laat maak of self as jy 'n mooi handskrif het self die name van jou gaste op die diertjie se lyf skryf.


Recent Posts
bottom of page