top of page

Gesondheid vir Skoonheid

Gesondheid en skoonheid gaan hand-aan-hand

‘n Gesonde leefstyl is die grootste guns wat jy vir jouself kan doen. Meeste bruide raak meer ingestel op gesond eet om die ekstra vetjies af te skud voor die groot dag. Maar gesondheid is nie net vir ‘n gesonde gewig nie. Dit sal jou voorkoms van jou vel, hare, naels en oe opkikker, asook jou gemoed!

Nutriente van voedsel is noodsaaklik vir ons liggaam om op te neem te word vir ‘n gesonde voorkoms. ‘n Bruid is immers veronderstel om te gloei :)

Hier is ‘n paar “gesondheid vir skoonheid” wenke vir jou troudag:

Vel-

Arbeie, tamaties, vye, spinasie en aspersies bevat elkeen silikon- ‘n mineraal wat jou liggaam benodig hoofsaaklik vir die onderhoud van ‘n gesonde vel.

Melk, volgrane en pampoen sade is goeie bronne van Zink. Zink is ook ‘n mineraal en is belangrik vir hulp vir die genesing van die vel.

Met avokadopeer se wonderlike kombinasie van verskeie nutriente, kan jy nie verkeerd gaan met hierdie vrug nie. Avokadopeer bevat onderandere vitamiene- A, B, C en E, asook protiene. Hierdie vitamienes en nutriente help met die maak van kollageen in die liggaam. Kollageen is noodsaaklik vir die onderhoud van die vel en help onderandere om plooie te voorkom.

Hare-

Jou haarstilis gaan natuurlik vir jou ‘n asemrowende haarstyl gee vir die dag, maar met hierdie wenke kan jy jou hare daardie glansende voorkoms te gee wat elke bruid begeer.

Weereens is silikon ‘n belangrike mineral vir gesonde hare. So terwyl jy spinasie, arbeie en tamaties eet vir ‘n gesonde vel, help dit ook reeds vir jou glansende hare!

Biotien, ‘n B-vitamien, ook bekend as vitamien H, is een van die belangrikste vitamienes vir gesonde hare. Hierdie vitamien bevorder die haar se elastisiteit en voorkom swak, breekbare hare. Biotien help ook met die vorming van Keratien. Keratien is noodsaakilik vir glansende, sterk hare. Vind Biotien in die volgende kosse:

- Hawermout (Oats)

- Lensies

- Bruin rys

Eet kosse wat Vitamien A (retinol) bevat. Vitamien A is ‘n anti-oksidant wat help met die vorming van olies wat die hare beskerm en voorkom droee kopvel. Jy sal van hierdie Vitamien baat as jy spinasie, perskes en wortels eet.

WENK: masseer coconut olie op kopvel en vryf in op punte van hare. Los vir 1 uur op, en was daarna jou hare. Dit kan gebruik word vir ‘n diep behandeling vir die hare. Jy kan ook hierdie behandeling in die aand doen en daarmee slaap. Wanneer jy jou hare die volgende oggend was, spoel jou hare twee keer uit vir beste resultate.

Naels-

Die laaste ding wat jy op jou troudag wil oorkom, is ‘n gebreekte nael! Gelukkig vir ons, kan sekere nutrient so ‘n slegte situasie dalk voorkom.

Kiwi is ‘n voorbeeld van ‘n vrug wat jou dalk met die probleem van skilferende naels kan help. Kiwi vrug bevat koper, ‘n mineraal wat help met die produksie van kollageen in die liggaam, belangrik vir die onderhoud van gesonde naels en vel.

Eet baie kool en kropslaai! Dit is vrugte wat ook silikon bevat. Die mineraal silikon is belangrik vir die versterking van jou naels.

Gemoed en stresvlakke-

Die mees belangrikste ding van gesondheid: eet ‘n gebalanseerde dieet. Jou gemoed en dieet gaan hand-aan-hand met mekaar. ‘n Gebalenseerde dieet bevat al die nodige nutriente, vitamienes en minerale wat jou liggaam benodig vir die groei en herstel van al jou organe- soos jou brein! Tekens van ‘n swak dieet sluit in:

  • Veranderinge in jou gedrag- jy mag geirriteerd en angstig optree

  • Swak energievlakke- jy sal vaak en moeg voel

  • Jou spiere sal swak voel

  • Jou gemoed voel laag

  • Siektes en infeksies is meer/vinniger vatbaar

Vitamiene B12 is geken as die vitamien wat kan help met hoe stresvlakke. Hierdie vitamien help met die onderhoud van die senuweestesel. Vitamien B12 kan gevind word in melk/suiwelprodukte en seekos.

Magnesium is ‘n wonderlike mineraal wat ook verantwoordelik is vir die onderhoud van ‘n goeie senuweestelsel. Dit help ook met die onstpanning van spiere. Eet eiergele, vye, klapper en lemoene..

Vitamiene C is voorheen bewys om ‘n hoe bloeddruk (aangebring deur stres), te kan verlaag. Geniet die voordele van hierdie vitamien deur om genoeg in te neem deur bessies, sitrusvrugte en pepers.

Yster is ‘n belangrike mineraal vir die voorkoming van bloedarmoede. Bloedarmoede se nadele sluit in: uitputting, duisligheid, te kort aan asem, bleek voorkoms.

Hou jou bloedsuikervlakke konstant. Doen dit deur gereelde kleiner porsies gedurende die dag te eet. Dit is belangrik vir jou energievlakke en voorkom lighoofdigheid. ‘n Konstante bloedsuikervlak voorkom ook die begeerte van kosse wat hoog is in suiker en koolhidrate.

Om ‘n geballanseerde dieet te handhaaf en al hierdie slegte tekens te voorkom, maak seker jy eet elke dag vanuit elke voedselgroep. Die verskillende voedselgroeppe sluit in:

  • Groente en vrugte (eet 5 porsies ‘n dag)

  • Protiene- vleis, vis, eiers, bone (neem in 2 porsies ‘n dag)

  • Koolhidrate (eet 3-5 porsies ‘n dag)

  • Suiwelprodukte- melk, kaas (3 porsies ‘n dag)

  • Vette en olies (5-6 teelepels ‘n dag)

Neem eenvoudige stappe dag-vir-dag om ‘n gesonder leefstyl aan te pas.

  • Arbeie is heerlik om by jou ontbyt te voeg. Sny ‘n paar op in stukkies en voeg by jou jogert of All-Bran Flakes en muesli.

  • Vervang witbrood met volgraanbrood en geniet jou avokadopeer daarop. Perfek vir ‘n gesonde ‘snack’ gedurende ‘n besige dag.

  • Maak ‘n heerlike spinasie gereg vir aandete en sprinkle ‘n paar pampoensade bo-oor voor dit bedien word.

  • Kook met olyf olie, wat ryk is in vitamiene E

Aan die einde van alles, is dit ook ‘n goeie idee om vol te hou met jou gesonde dieetplan en leefstyl. Jy en jou jou geliefde sal altwee die voordele hiervan geniet. Probeer hierdie gesonde leefstyl saam aan te pak vir die beste motivering!

Maak seker by jou mediese dokter voor jy enige spesifieke veranderinge maak aan jou dieet. Die bogenoemde wenke is net ruglyne.


Recent Posts
bottom of page