top of page

Hoe om jou bruidsmeisies te kies?

"Wat is 'n strooimeisie - Dit is 'n jong dame wat die bruid bystaan by haar troue"

Ons gaan ‘n paar goeie wenke gee aan die toekomstige bruide om te verseker die regte keuses word gemaak wanneer die strooimeisies gekies en gevra word.

1. Dink twee keer voor jy vra.

As die vraag gevra is, dan is daar geen omdraai kans nie. Om jou spannetjie strooimeisies bymekaar te kry is vreeslik opwindend en mens voel skoon jy wil jou hele vriende kring vra, maar moenie. Vat jou tyd. Gee jouself tenminste ‘n maand of twee om oor al die opsies te gaan. En vra jouself die vraag: Gaan ons oor 5 jaar nogsteeds ‘n goeie vriendskap band he?

2. Stel eerlike doelwitte.

Watse tipe rol verwag jy moet jou strooimeisies speel by jou troue? Wil jy he hul moet van dag een af help met beplanning, trou inkopies doen ens. Of moet hul maar aantrek wat jy vir hul kies en net opdaag by jou troue.

Dit is uiters belangrik dat jou spannetjie jou van dag 1 af ondersteun en help waar hul kan, dis juis hul rol. Deesdae het baie dames die mispersepsie van wat ‘n stooimeisie is, hulle dink dis net vir mooi lyk op fotos en om die kerk voller te laat lyk. Mens kry deesdae ook soveel stooimeisies wat niks wil doen nie, maar wel wil eer vang en op elke foto wees.

Om ‘n strooimeisie te wees is ‘n groot eer. As mens terug gaan in geskiedenis, ver terug om te sien hoe ‘n strooimeisie ontstaan het sal mens sien die strooimeisies was die bruid se wagte, hulle moes haar beskerm van haar huis af tot by die trou seremonie. Hulle moes sekermaak niemand ontvoer haar of maak haar seer nie. Dis hoe vandag se strooimeisies oor hul rol moet voel, trots; en hul bruid beskerm en help waar hul kan.

Jy as bruid gaan moet bietjie dink: Wil ek familie/vriende vra wat ver bly en/of daagliks ‘n besige skedule het? Die moontlikheid is dat jy, die bruid, op die ou einde teleurgesteld gaan word.

*WENKE: As jy niemand wil laat uit voel nie, vra die wat verbly of besige skedules het om hier en daar deel te wees van iets in verband met jou troue, hul kan help trou uitnodigings maak of help proe aan verskillende koek keuses, net sodat hul ook kan deel voel van jou groot dag.

3. Sluit familie lede in.

Nie om soos jou ma te klink nie, maar dink daaraan. Jou sisters, sy sisters, hul gaan beslis na 10 jaar nog altyd in die prentjie wees. Jy is dalk nie so naby aan sy sister(s) nie, maar dit sal vir hom gelukkig maak. Jy sal beslis jou ma ook trots maak as jy jou eie sister(s) vra. Maak net seker wanneer jy hul vra om jou voet neer te sit en jou reels vir hul mooi te laat verstaan, want soms kan sister(s) “bossy” raak en hul eie ding wil doen. As jy dalk van ‘n groot familie af kom of dalk hy en daars te veel sisters, trek ‘n streep en se die jong sussies kan ongelukkig nie deel wees van jou groepie strooimeisies nie, maar wel help programme op jou troue uitdeel of hul wys waar om te sit.

4. Bereken die grote van jou troue.

Jy as bruid kan soveel strooimeisies he soos jy wil. Die algemene getal is 4, gebruik dit as ‘n riglyn wanneer jy besluit. Maar om ‘n klompie strooimeisies te he is nie altyd so wonderlik soos mens dink nie. Jy kan 200 gaste he en 12 strooimeisies he, maar net 2 strooimeisies wat jou rerig bystaan. So maak vir jou ‘n lysie en vra jouself ‘n paar vra oor elke vriendin wat jy moontlik wil vra voor jy haar vra. Dit is baie belangrik om ook te kyk na die tipe persoonlikheid wat elke vriendin het, as hul “bossy” is of dalk van baie aandag hou is dit dalk nie ‘n goeie idee om hul te kies nie, want hul gaan dalk nie tevrede wees met enige van jou idees nie en op jou troudag alle “shine” wil vang.

5. Kies jou hoofstrooimeisie.

Mens hoef nie altyd ‘n hoofstooimeisie te he nie, almal kan ‘n ewe belangrike rol he. Maar soms is dit beter om tog ‘n hoofstrooimeisie te kies. Dit is nie altyd ‘n maklike keuse om te maak nie, want jy wil nie iemand ongelukkig maak of laat uit voel nie, maar onthou dat dit jou spesiale dag is en vir eens in jou lewe gaan als oor jou en hoe jy voel, as hul ware vriendenne is sal hul alle keuses respekteer. Die hoofstrooimeise se rol gaan wees om jou te ondersteun en raad aan te bied, dis hul werk om die ring vir jou mooi op te pas en om tot net voor die troue jou hennepartytjie te reel.

*HULPVOLLE WENKE: As jy bietjie onseker is tussen 2-3 om jou hoofstrooimeisie te wees kan jy altyd 2 kies, een wat pret is en seker sal maak als is snaaks en prettig reg deur die beplanning tot op die trou dag, en dan dalk ‘n meer erenstige vriendin wat baie georganiseerd is en jy weet sal help dat als vlot verloop tot op die troudag.

6. Moenie iemand vra net omdat hul jou gevra het nie.

Moenie sleg voel om nie vir “Sannie” te vra om jou strooimeisie te wees nie, al het sy 5 jaar terug jou gevra om haar strooimeisie te wees. Moenie verplig voel om ‘n vriendin wat saam jou op kollege was te vra net omdat jul jul daai tyd ‘n goeie verhouding gehad het nie, en dalk nie nou meer nie. Of ‘n kolega waarmee jy nou lekker “click” en oor 3 jaar dalk nie ooghare het vir mekaar nie.

*WENKE: As hul jou aan spreek en vra hoekom jy hul nie gevra het nie wees eerlik. Verduidelik dat dit ‘n moeilik besluit was om te neem, maar jy voel jy wil die mense wat op die stadium van jou lewe die naaste aan jou is moet deel wees van jou trou spannetjie en dat daar soveel ander ook was wat jy moes afkeer.

7. Ander rolle op jou troudag.

Om dinge bietjie makliker te maak met wie om te kies om jou strooimeisie(s) te wees, kan jy dalk vir die vriendinne wat jy nie kies ook ‘n rol gee op jou trou dag. Dalk is een van jou vriendinne musikaal of sing verskirkelik mooi, jy kan haar dan vra om iets te speel of om te sing by jou troue. Dalk het jy ‘n vriendin wat vreeslik kreatief is wat jou kan help met al jou trou geskenkies. Maar as daar nie iets is wat hul kan doen nie, moet hul liewers nie vra nie. Kinders – jou niggie is dalk die mees oulikste dogtertjie ooit, sy kan wel nie ‘n strooimeisie wees nie, maar sy kan wel jou blomme meisies wees. Ander voel weer blomme meisies is onnodig. Dit hang als van jou as bruid af.

- ‘n Strooimeisie moet die bruid gelukkig hou, haar verdra op haar moeilike tye en gewillig wees om daai masiewe lelike pink struk op die boude te dra wat deel is van die rok, maar die belangrikste van als; seker te maak om haar troudag so spesiaal as moontlik te maak sodat sy al die goeie tye kan onthou. En terug kan kyk en nie spyt voel oor die keuse wat sy gemaak het om jou, die strooimeisie die eer te gee om deel te wees van haar onvergeetlike dag -


Recent Posts
bottom of page