top of page

Hoe om jou fotograaf te kies?

Jou fotograaf is sonder twyfel een van die belangrikste dele van jou groot dag want "when all is said & done" soos die engelsman sal sê is daardie herinneringe al wat jy gaan oorhou van een van die belangrikste dae van jou lewe.

Die mark met fotograwe daar buite kan baie oorweldigend wees en dit kan jou keuse definitief baie moeilik maak daarom gaan ons vandag deur 'n paar belangrike elemente gaan wat jy ingedagte moet hou wanneer jy 'n fotograaf kies.

1. Maak 'n ingeligte besluit

Hierdie is nie 'n keuse wat jy net oorhaastig wil neem nie, gaan kyk na 'n verskeidenheid fotograwe se werk aanlyn, maak dan 'n kortlys van jou gunsteling 5 fotograwe en kontak hulle vir afsprake om hulle werk in druk te sien. Maak ook seker jy kyk na presies wat elke paket insluit.

2. Los 'n bilike bedrag in jou begroting vir jou fotograaf

Jou fotograaf gaan nie die goedkoopste deel van jou troue wees nie, maar soos vroeer genoem is dit nie 'n uitgawe waarop jy enigsins wil sny nie, dit is die enigste deel van jou groot dag wat jy gaan oorhou. Maak ook seker by die fotograaf of hy/sy 'n deposito verlang om jou datum te boek & hoeveel persent van die totale paket wanneer betaalbaar is.

3. Kies iemand waarvan jy hou

Dit mag dalk laf klink maar dis belangrik om iemand te kies met wie julle as 'n paartjie goed oor die weg kom en nie net iemand wat goeie werk lewer nie. Jy gaan die grootste deel van jou troudag in hierdie persoon se geselskap deurbring en vir die fotograaf om julle ware persoonlikhede vastevang moet hulle en die paartjie goed oor die weg kom.

4. Die kontrak

Maak seker julle gaan deur die kontrak saam met julle fotograaf en dat julle alles duidelik verstaan. Elke fotograaf wat sy sout werd is het 'n kontrak, nie net om homself te beskerm nie maar ook die paartjie.

5. Ondervinding

Maak seker die fotograaf het genoeg ondervinding met troues. Die fotograaf wat julle van hou mag dalk pragtige familie fotos neem maar geen ondervinding hê met troues nie. Troues is 'n spesiale veld en dis belangrik om iemand te kies wat 'n goeie aantal troues onder die knie het.

6. Professionaliteit

'n Proffesionele fotograaf sal altyd rugsteun toerusting hê vir ingeval iets verkeerd gaan. Maak doodseker hiervan voor jy jou fotograaf boek.

7. "Quality over Quantity"

Dit help nie jy kies iemand wat 3000 "average" fotos met n album gee bo iemand wat 300 top gehalte uitstekende fotos gee nie. Maak seker jy sien 'n volledige troue wat jou fotograaf afgeneem het en nie net 'n kolleksie van die beste fotos nie.

**Ons doen volgende week 'n volledige post op watter vrae om jou fotograaf te vra voor jy hulle boek.


Recent Posts
bottom of page