top of page

Shades of Grey | Gestileerde Sessie

Geinspireer deur die woorde 50 shades of grey het ons besluit om 'n shoot te doen in vele skakerings van grys. Dit help ook natuurlik dat die titel so "catchy" is :)

Ons wil groot dankie sê aan elke diensverskaffer wat ons gehelp het met hierdie sessie:

Fotografie: Miss Cee Photography

Dekor, Stileering & Skryfbehoeftes: Strawberry Lace

Hare & Grimering: Make Up Madonna

Rokke: Elouise Roode Bridal

Koek: About a Cake

Grys fietsie: Heart & Soul Gifts

Blomme: CAPE Wedding Shed

Grys is so 'n maklike kleur om mee te werk en kan gekombineer word saam met omtrent enige kleur onder die son of op sy eie uitblink.

Die pragtige rokke van Elouise Roode Bridal het perfek by die tema gepas. Hoe asemrowend is haar werk nie!?

Om te hou met die 'shades of grey' tema, het ek 'n lekker 'smokey eye' op Juné gedoen met skakerings van grys. Juné se potblou oe was perfek met hierdie kleurskema. Die grys bring haar blou van haar oe nog meer uit.

Om haar pragtige oe nog groter te laat lyk, het ek die donkerste kleur aan die buite hoeke van die oe geskadu, en al hoe ligter skakerings na die binnekant gebruik.

Die ligste grys is aan die binnehoekies van die oe gesit vir die eksta 'pop'! Hierdie keer het ek 'n blouerige/silwer 'illuminating highlighter' op die wangbene gesit wat perfek inskakel met Juné se vel ondertoon.

June & Kobus is super gemaklik voor die kamera en hulle verliefdheid is duidelik sigbaar.

Juné se asemrowende hare het so lekker gewerk met 'n elegante styl, maar ook perfek met die los styl wat ons gedoen het. Die elegante haarstyl wat ek gedoen het is direk inlyn met die tema: dit is gesofistikeerd en klassiek, asook modern en spelerig met die krul daar by.

Haar los krulle haarstyl het ons by die grys en pers rokke gedoen vir 'n sagter, meer spelerige voorkoms wat ook pas by die uitrustings. Vir die sagter gevoel het ons gefokus op die punte van die hare en dit 'n krul gegee.

Juné se twee haarstyle is 'n goeie voorbeeld om te volg as jy dalk twee verskillende 'looks' op jou troudag wil he. Doen eers 'n vas- of opstyl vir die eerste deel van die dag, en haal dan daarna jou haarpennetjies uit en maak jou hare los vir die laaste deel van die aand. Bespreek so 'n idee met jou haarstilis :)

Die fietsie & voëlhokkie is voorsien deur Heart & Soul Gifts.

Die blomme is deur die ongelooflike talentvolle CAPE Wedding Shed.

Hierdie pragtige koek is voorsien deur Juliana van About a Cake en toon perfek hoe mens verskillende kleure grys kan inbring.

Grys kan 'n lente, somer, herfs of selfs winter kleur skema wees. Maak seker wanner jy met so kleur skema gaan dat jy goeie beplanning doen en seker maak dit kan deur jou hele troue uit gebeeld word. Dekor, blomme, rok en self jou skryfbehoeftes.

Carmen van Strawberry Lace sê "Die eerste tema wat op gekom het in my kop was verf verskillende kleure verf texture, daarom sal jul sien in my skryf behoefte het ek dit implementer. Grys is vir my 'n baie klassieke kleur daarom het ek gegaan met ' klassieke dekor styl vir die tafel en res van die stillering ens."

Sien hoe om jou eie ombre chinese lanters te maak hier


Recent Posts
bottom of page