top of page

Pastel Trou Inspirasie

Pastel.

Pastel het beslis ons harte gesteel met hierdie shoot.

Met pastel wat nou so hoog mode is kan mens nie verkeerd gaan om dit jou kleur skema vir jou troue te maak nie. Pastel kleure is so vrolik, jy kan dit self in die winter gebuik om 'n koue trou dag op te kikker.

Carmen sê: "Mens kan soveel doen met pastel; jou lekker goed tafel kan jy op helder met pastel lekkers; en mens kry soveel pastel lekkers, en selfs trou items dat jy nooit hoef te bekommer dat jy nie iets pastel sal vind vir jou groot dag nie :)"

Ek het dit vreeslik geniet om die pastel geinspireerde trou "shoot" te doen, juis omdat ek so baie kon doen en so lief is vir pastel kleure.

Mens het soveel opsies om te doen as dit kom by pastel, jy kan of jou tema 'n lekkergoed tema maak, of "vintage" selfs modern. In elke katogorie sal mens pastel items vind en maniere vind om jou dag uniek uit te beeld.

Ek het so twee maande terug vir die eerste keer gesien mens kry pastel doillies te koop, dadelik het dit my geinspireer om met n doillie tema te gaan.

Wenk: Dit is belangrik om seker te maak jou kleur skema en tema is vloeiend so hoe meer jy dit kan in bring om verskilende plekke hoe beter.

Ek het die doillies in gebring in die "stationery" as wel ook by die tafel dekor, mens kan self doillie bunting doen.

Hartjie "confetti" is vreeslik in die mode & so 'n oulike "doen dit self" idee vir jou troue, Carmen het vir ons hierdie oulike pastel hartjies met 'n hartjie drukker uitgedruk en kyk net watter oulike fotos maak dit dus kan dit dubbel as "props" vir jou fotos ook :)

Cawilhmi sê: Vir hierdie shoot wou ons ook graag 'n neutrale agtergrond gebruik sodoende dit nie die aandag weglei van die pastel kleure nie en dit POP ook meer teen die bruin/neutrale agtergrond van hierdie kaal vrugteboorde. Die goue sonlig van die laat middag dra by tot hierdie sagte voorkoms.

Hierdie vintage pastel fiets is te huur by Mini's Functions in Wellington & het perfek by die shoot bygedra. Gaan loer gerus na hulle blad vir nog oulike dekor items wat hulle uitverhuur.

Jou trou kar op jou troudag kan ook dubbel as 'n "prop" en sorg vir pragtige kreatiewe fotos. Ons het hierdie pienk volksie gekies as ons "trou kar" vir die shoot omdat dit die pragtige kleure in die shoot komplimenteer.

Ons beveel aan vir trou kar verhurings: Les by Wijnland Auto Museum in Joostenberg Vlakte, Kaapstad - (0)21 988-4203

Hier is ook 'n maklike & unieke voor drankie idee wat jou gaste definitief aan die gons sal hê.

Die botteltjie se bo kant word liggies in eier wit gedoop & dan in 100's & 1000's wat hierdie kleurvolle en sag op die oog effek skep.

Ons koeke vir hierdie inspirasie is geborg deur Marlet van Original Rustique. "Macaroons" sal ook perfek by hierdie tema inpas.

Donna sê: Hare en grimering vir ons pastel tema was ‘n fees! Jy kan so lekker speel met soveel opsies en kleure om van te kies vir die grimering. Ek het skakerings van sagte pienk en pers op die oe gebruik. Danne, ons model, het die pragtigste groen oe, dus het ek hierdie kleure oogskadu’s gebruik. Pienk en pers het rooi pigmente, en rooi is ‘n kontrasterende kleur van groen. Daarom sal dit die groen kleur van haar oe laat “pop”. Dit kan duidelik gesien word op die foto’s!

Moet nooit die krag van proffesionele hare & grimering onderskat nie, dit sal beslis 'n GROOT verskil maak op jou fotos.

Danne se lippe is ook met ‘n sagte pienk getower. Alhoewel daar soveel opsies vir kleure vir so ‘n pastel tema is, maak seker jy oordoen dit nie met te veel verskillende kleure nie.

Om die prentjie mooi af te rond, is daar ‘n titseltjie ‘coral’ blosser by die pienk blosser gevoeg. Dit breek die pienk kleure van die res van die grimering, sonder om dit te oorweldig.

Danne se pragtige, ligte hare was perfek vir los krulle. Die krulle het meer volume geskep en ‘n sagte effek gegee wat pas by ons sagte pastel tema. Vlegsels wat langs die kante agtertoe geneem word, is ideaal as jy jou hare uit jou gesig wil hou, maar steeds ‘n los haarstyl wil he.

Blomme was geborg deur Nox van Phenology Flowers - 084 334 3304. Met haar blomme het Nox ons visie perfek afgerond vir hierdie sessie.

Met 'n tema soos pastel kan mens dikwels goedkoper wegkom met blomme omrede daar soveel natuurlike fynbos is wat mens kan gebruik wat inskakel met die kleur skakerings van pastel.

Die 2 pragtige rokke wat in hierdie sessie gebruik is, is vir ons geborg deur Alana van Heerden , wie se rokke asems wegslaan. Sy is ook een van ons geliefde verkaffers op die blog.

Die eenvoudige byvoegsel van hierdie pastel hasie het die fotos so 'n dromerige "Alice in Wonderland" gevoel gegee.

Vir 'n laaste bietjie pret het Donna 100's & 1000's op die pragtige Danne se lippe gevoeg.

Verskafferslys:

Rokke: Alana Van Heerden

Koeke: Original Rustique

Vintage fiets & dekor items: Mini's Funtions

Stileering & dekor/skryfbehoeftes: Strawberry Lace

Hare & Grimering: Make Up Madonna

Fotografie: Miss Cee Photography

Blomme : Phenology Flowers


Recent Posts
bottom of page